Ten minste 21 in Boko Haram-aanvalle dood
Sowat 21 mense is aan die hand van Boko Haram-militante in verskillende aanvalle in die afgeleë noordoostelike streek van Nigerië dood, het sekuriteitsamptenare Maandag aan AFP gesê.
Volgens 'n plaaslike lid van die anti-militante militia in die gebied het die djihadiste Sondag 18 mense wat brandhout bymekaar gemaak het in 'n woud in die Borno-staat doodgeskiet.
Die woud is naby die dorp Gamboru op die grens van Kameroen.
"Die liggame was oor etlike honderde meters versprei en die slagoffers is waarskynlik in die kop of in die rug geskiet," het 'n ander soldaat aan AFP gesê.
'n Voertuig met burgerlikes wat naby 'n weermagkonvooi gereis het, het Sondag 'n myn afgetrap wat deur insurgente naby die Wumbi-nedersetting geplant is.
"Drie mense, die bestuurder ingesluit, is dood en 11 passasiers is gewond," het hy gesê.
'n Plaaslike inwoner het die dodetal bevestig en gesê die slagoffers is Sondag begrawe.
Boko Haram gaan voort met hul sporadiese aanvalle waartydens hulle troepe en voertuie in lokvalle lei, en boere aanval en ontvoer. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie