Ten prooi van Deon Meyer
Deon Meyer se bydrae tot die misdaadroman-genre is, myns insiens, grensverskuiwend.
Denver Kisting - Prof. Joan Hambidge skryf verlede week op haar blog oor die legendariese misdaadromanskrywer Deon Meyer se jongste kragtoer, Prooi: “Hierdie is 'n pakkende roman en wat my betref, Meyer op sy allerbeste.
“Die vaart is snel, blitssnel en die navorsing uitstekend. En die spanningskurwe hóóg.”
Volgens dié Kaapse skrywer/digter, akademikus en literêre kritikus het een van die karakters in Prooi, Daniel Darrett, se angsvlakke haar polse laat sweet.
Ek weet dit is tans genadeloos warm in Windhoek, maar die spanning het mý selfs in die koeler voordagure in sweet laat uitslaan tydens my lees van dié meesleurende kragtoer.
Soos Hambidge, het ek ook kwaai gesukkel om die boek neergesit te kry.
Wat Meyer se onberispelike navorsing betref, is ek van mening min ander, indien énige, Afrikaanse skrywer kan hom dit nadoen.
Van Afrikaans gepraat, sy boeke is al in 28 tale vertaal. Agt en twintig! Ek kan kwalik soveel tale uit my kop opnoem.
Laat ek sommer uit die staanspoor my vooroordeel verklaar: Ek is waarskynlik een van kaptein Bennie Griessel, Meyer se bobaas- dronklapspeurder, se allergrootste aanhangers.
En toe dit rugbaar word die jongste boek is weer eens 'n Griessel- (en Cupido-)dossier het my mond al begin water.
Hambidge begin haar resensie op haar blog só: “Om 'n Deon Meyer te resenseer, is waarskynlik onnodig. Ons praat van 50 000 eksemplare in Afrikaans. Hierom volstaan ek met 'n paar kanttekeninge by Prooi, die jongste roman met die subtitel 'n Bennie Griessel-dossier.”
Voorts, later: “Frenetiek. So word Amsterdam (in die roman) beskryf. En dit is ook hoe 'n mens hierdie slim en goed gekomponeerde spanningsverhaal kan beskryf.”
Hoewel ek reken Amsterdam, my gunstelingstad, is nie naastenby so freneties soos Parys nie, waar die verhaal ook plek-plek afspeel, is dit juis in die energie van dié stad waar sy bekoring lê.
Een van my gunstelingkenmerke van Meyer se skryfkuns is sy vermoë om 'n mens letterlik, én andersins, op reis te neem wanneer hy in hierdie geval twee aanvanklik oënskynlik afsonderlike verhale vertel en later vernuftig saamsnoer.
Nie net dra dit by tot die koorsagtige vlakke van hoogspanning nie, maar dit het ook 'n beduidende impak op die lae, vlakke en diepte van die verhaal.
Twee weke gelede, op 'n soel Donderdagaand, het Meyer Windhoekers op 'n plaaslike bekendstelling van dié boek getrakteer.
Op die verhoog van 'n privaat skool in die Namibiese hoofstad was hy in gesprek met Unam-akademikus, prof. Marianne Zappen-Thomson.
Die saal het, presies soos verwag, uit sy nate gebars van gierige lesers, en Bruni en Elmarie van Windhoek Book Den kon skaars voorbly met hoe stapels Meyers opgekoop is.
Vroeër daardie middag het ek en kollega Yochanaan Coetzee die voorreg gehad om hom nagenoeg 'n halfuur lank te pols oor, onder meer, die skryfproses, resensies en vertaling.
Meyer vertel die idee vir 'n roman het altyd meer as een oorsprong.
Hy sê hy het die voorreg gehad om 'n reis op 'n luukse Suid-Afrikaanse trein mee te maak – waarop die uiteindelike verhaal ook deels afspeel – en “dit was die begin van die storie”.
Terselfdertyd het die grubesonderhede oor staatskaping in dié buurland begin ontvou.
Dít het die laag van “die drie Indiërbroers” teweeg gebring.
Die laaste stuk van die Prooi-legkaart was die Franse stad Bordeaux met al sý potensiaal vir intrige en waarheen Deon dikwels reis.
“So, dit was die een ding ná die ander. Geen boek is net een idee nie,” sê hy.
Inteendeel, dit beslaan altyd 'n paar idees, wat hy sorgsaam meet en pas en uiteindelik “amper soos chemie” uitvoer, vertel hy.
Meyer sê hy skryf hoofsaaklik om den brode. “Ek moet my kinders se universiteitsfooie betaal – dit is baie goeie motivering.”
Maar, dit is ewe belangrik dat mens genot uit jou werk moet put, sê hy. “Dis lekker. Ek geniet dit in die eerste plek. Die skryfproses is vir my geweldig stimulerend.”
Hy sê swak navorsing stel 'n skrywer baie vinnig aan die kaak.
“Jy ontwikkel baie gou geloofwaardigheidsprobleme. Skryf is een lang proses van kreatiewe idees uitoefen. Navorsing vermenigvuldig 'n mens se verwysingsraamwerk.”
In teenstelling hiermee is die dryfkrag agter goeie, deeglike navorsing, sê hy, die respek vir sy veelvoudige lesers.
En dit is daardie einste lesers wat vra, soebat: “Wanneer kom die nuwe Bennie? Lesers moedig 'n mens aan.”
Hiernaas, beklemtoon Meyer, belê uitgewers 'n klomp geld, moeite en tyd om sy boeke in verskillende tale oraloor uit te gee. In 'n stadium moet hul belegging darem ook dividende begin lewer om dit vir hulle die moeite werd te maak, sê hy.
Oor resensies het daardie einste Hambidge sowat 10 jaar gelede in 'n onderhoud met my gesê daar bestaan nie iets soos 'n objektiewe kritikus nie. “Daar is wel een wat leessmake, voorkeure of tradisies erken en verstaan.”
'n Wraakgierige resensie is “altyd op die rekening van die resensent” en sal deur die tyd ingehaal word, het sy benadruk.
Meyer sien die resensiesaak só: “'n Slegte resensie is seer en 'n goeie resensie is lekker.”
Wanneer 'n minder goeie resensie die lig sien, probeer hy altyd vasstel wat hy daaruit kan leer, sê hy.
Soms wéét 'n skrywer daar was plekke in 'n boek waarmee hy gestoei het en dat die uiteindelike poging waarskynlik “nie die heel elegantste oplossing was nie”.
Wanneer 'n resensent hul vinger op daardie teer plekke lê, moet die skrywer dit minstens aan homself toegee dat dit waarskynlik geldige kritiek is, meen hy.
Op die ou end moet mens veral as skrywer daarmee vrede maak “elke ou het 'n mening en 'n siening”.
Hoewel hy nie sy verhale volgens 'n Excel-sigblad beplan nie, hou hy tog een by om tred te hou met karakters se ouderdomme, verjaardae, loopbaanverwikkelinge ensovoorts, sê Meyer. Dít dien dan as rugsteun vir maklike terugverwysing by die skryf van 'n opvolgboek.
'n Boek se beplanning word in sy kop gepleeg. 'n Sigblad sou mens beperk tot 'n spesifieke storielyn “wat beter kon gewees het as ek my opsies oop gehou het”.
Prooi het sowat 15 maande geneem om te skryf, verklap hy. Hy kon egter nie ononderbroke skryf nie, omdat sy aandag in dié tydperk ook deur boektoere, -skoue en so meer in beslag geneem is.
Solank hy 'n gemaklike skryfstoel met die regte hoogte het, kan hy darem skryf wanneer hy op reis is. In sy gunsteling Bordeaux het hy so 'n stoel aangeskaf.
En as die kalf in die put beland, kan hy selfs sy ding in 'n hotelkamer doen, vertel hy. “As die nood regtig druk, skryf ek in 'n hotelkamer.”
Tuis, in sy skryfkamer, is dit belangrik dat daar geen afleidings is wanneer hy werk nie, vertel hy. So, byvoorbeeld, is die blindings van dié vertrek dig toegetrek met net 'n skryflampie wat lig bied.
Toe hy twee dekades gelede begin skryf het, was hy 'n enkelouer van kinders wat toe nog klein was én hy had in daardie stadium 'n (ander) voltydse werk.
Gevolglik is die Bennie Griessel-dossiere veral tussen vier en sewe soggens saamgestel. Tot vandag toe bly daardie gleuf sy “vrugbaarste tyd”.
Lees bly die beste brandstof vir kreatiwiteit, sê hy. Hy verslind daagliks twee plaaslike koerante en die New York Times, die Guardian en Washington Post saam met “geweldig baie niefiksie”.
Fisieke oefening is ook 'n lewenslyn, vertel hy. “Dit is ook baie belangrik om die bloed te laat vloei.”
Bergfietsry, soos Griessel s'n deesdae, is ook Meyer se ding.
Baie van sy idees word ook in die stort gebore. Syns insiens is dit omdat mens hier geen afleiding het nie, in afsondering is, sonder 'n skerm byvoorbeeld.
“Die vloei van die water is ook goed vir kreatiwiteit.”
Vir die leser wat nog nie ten prooi van sy jongste boek geval het nie, onthul Meyer oor Griessel – en Cupido – se toekoms: “Bennie en Vaughan gaan professioneel kwaai klippe kou. Daar gaan ook interessante persoonlike wendings in die volgende boek wees.”
Meyer sê oor Namibië, waarheen hy nie dikwels reis nie: “Daar is 'n bekoring in hierdie landskap wat met my emosies praat.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie