Ter gedagtenis aan klein Dehan
Ter gedagtenis aan klein Dehan

Ter gedagtenis aan klein Dehan

Dani Booysen
Min gebeure is so hartverskeurend as die ontydige sterfte van ‘n baba of kleuter.

Hoe nie net Namibiërs uit alle agtergronde nie, maar ook mense van ver buite ons landsgrense hierdie week arms van ondersteuning en troos om die ouers en familie van klein Dehan de Wet (2) gevou het, was aangrypend.

Dehan het vier en half dae dapper om sy lewe geveg nadat hy deur ‘n sebraslang gepik is.

Die De Wet-gesin is ook voorop in die gedagtes van Republikein.

Die stigting van ‘n teengiftrustfonds wat Dehan se naam sal dra, is ‘n bewonderenswaardige manier om betekenis te gee aan die prys wat hy op so ‘n jong ouderdom moes betaal. Die feit dat daar steeds geen teengif vir die dodelike byt van ‘n sebraslang bestaan nie, is ‘n jammerte en ‘n wekroep – ook in die naam van ander slagoffers.

Hopelik sal baie instansies en individue tot die trust bydra om ‘n voorneme uit te voer wat reeds in die laat negentigerjare deur die ministerie van die omgewing en toerisme en dr. Christo Buys geopper is. Hoekom daar nie genoeg ondersteuning vir die projek was om ‘n teengif te ontwikkel nie, eggo nie die saamstaanbeginsels waarop Namibiërs so dikwels roem nie.

Weens die duur aard van die proses kon dit sekerlik nie ‘n topprioriteit van die regering wees nie, maar die daarstel van ‘n teengif is ‘n belangrike verantwoordelikheid van die regering – wat finansierders plaaslik en in die buiteland kan werf.

Kom ons eer Dehan deur die plan uit te voer.

So sê ander

14 November 2018

Die Burger en Volksblad sê

Pres. Cyril Ramaphosa se skoot oor die boeg van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) is tydig, maar moet ook tot beslag kom in ’n grondliggende verandering in die wyse waarop die agentskap sy werk doen.

Hy het die SSA die leviete voorgelees en benadruk van alle SSA-werknemers word verwag om, hangende ’n omvattende hersiening van dié agentskap, hulle met die vereiste verantwoordelikheid, respek en integriteit te gedra.

Die grondliggende probleem is dat die misbruik van sulke nasionale instellings vir politieke doeleindes onder die Zuma-presidentskap standaardpraktyk geword het.

Bou ’n veiligheidsagentskap van die grond af met amptenare met ’n diep lojaliteit teenoor hul grondwetlike mandaat, eerder as met aspirant James Bonds wat graag na politieke pype dans.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!