Terreur keer terug na VSA
Familie en vriende van die slagoffers in die Orlando-skietery het gister angstig gewag op nuus en om die name van die oorledenes by die polisie te hoor.
Die Federale Speurdiens (FBI) en ander wetstoepassingsowerhede het hul ondersoek voortgesit in ’n poging om vas te stel wat die motiewe vir die geweldpleging was.
Byna 24 uur ná die menseslagting het die owerhede die name van 21 van die 50 slagoffers, van wie die helfte in hul 20s was, bekend gemaak.
Toe die ergste massaskietery in moderne Amerikaanse geskiedenis Sondag in die vroeë oggendure uitgebreek het, het polisie van Orlando hul pad in die Pulse-nagklub oopgeskiet en die aanvaller doodgeskiet.
Die moorddadige aanval het hartseer en ook uitdaging in die gay- en lesbiese gemeenskap uitgelok, met meer as 100 000 mense wat van voorneme is om aan Los Angeles se sogenaamde “Gay Pride”-parade deel te neem.
Vooraanstaande Moslem-figure in Amerika, pous Franciskus en wêreldleiers het die aanval, die ergste terreurvoorval op Amerikaanse grondgebied sedert 11 September 2001, veroordeel.
“Ons weet genoeg om te kan sê dit was ’n daad van terreur en haat,” het pres. Barack Obama gesê terwyl die FBI voortgaan om ondersoek na die skieter in te stel.
Hy is geïdentifiseer as Omar S. Mateen (29) en was volgens ’n senior FBI-beampte waarskynlik die Islamitiese Staat (IS) goedgesind. Volgens berigte het hy die nooddiensnommer 911 kort voor die voorval gebel en glo trou aan die leier van IS gesweer.
Mateen se ouers is van Afganistan, maar hy is in Amerika gebore. Hy is in 2013 deur die FBI weens verdagte bedrywighede ondersoek. Hy was nie tans op die FBI se radar nie en het volgens polisiebronne die wapens waarmee hy die aanval uitgevoer het, die voorige week gekoop.
Mateen het ’n aanvalsgeweer en rewolwer gebruik en volgens Jerry Demings, sheriff van Orange-distrik, was daar ook ’n ongeïdentifiseerde “toestel” by hom. Daar is bespiegel dat dit moontlik ’n selfmoord-bombaadjie kon wees, maar dit is nie bevestig nie.
Dié 29-jarige het as ’n sekuriteitswag gewerk en het ’n vuurwapenlisensie gehad. Hy het in Port St.Lucie, Florida gewoon, sowat twee uur se ry van Orlando af, en het ’n motor gehuur om daarheen te ry en die aanval uit te voer.
Die motiewe agter sy aanval is nie bekend nie, hoewel berig is dat hy aan die IS verbind is. Dit is ook onbekend of hy met enigiemand saamgewerk het en geen besonderhede is deur owerhede bekend gemaak nie.
Danny Banks, spesiale FBI-agent in Florida, sê alle partye ondersoek die skietery as ’n terroriste-aanval. “Ons sal definitief uitvind of dit ’n geval van plaaslike terroriste-aktiwiteite of internasionale terrorisme is.”
Die Washington Post berig dat Mateen se eksvrou, wat nie geïdentifiseer word nie, gesê het dat hy nie besonder godsdienstig was nie. Sy het hom wel as gewelddadig beskryf en vertel hoe haar ouers haar uit die huwelik moes red.
Die Demokratiese kandidaat, Hillary Clinton, het ’n gesamentlike politieke vergadering met Obama uitgestel en getwiet dat haar gedagtes by diegene is wat deur die gru-daad geraak is.
Haar Republikeinse teenstander, Donald Trump, het nie gras onder sy voete laat groei nie en gesê die aanval bewys dat hy reg was om te belowe om Moslems te verbied om Amerika binne te kom. - Nampa/AFP/Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie