Terugblik oor die afgelope jaar
Jeanette Diergaardt
Wat het jy in 2021 gedoen wat jou bors laat swel? Is jy dalk van die 0,01% wat hul nuwejaarsvoorneme bereik het?
Wel ek is nie. Ek kan ook nie rêrig onthou wat my nuwejaarsvoorneme was nie. Tog sal ek weer ’n lysie opstel van dit wat ek wil bereik. Wat is die punt daarvan om doelloos voort te strompel?
Die jaar 2021 was ’n vreemde jaar. Ek het myself ’n bietjie beter leer ken. Ek het ook my eerste hallusinasie ervaar. Dit was nie omdat ek “gelukkige” sampioene geëet het nie, maar weens té min slaap. Dit as gevolg van eksamens en die verpeslike respiratoriese virus wat almal nog op hol het.
Dalk was jou jaar erger of beter as myne. Maar ek dink nie dis regverdig om vergelykings oor die algemeen te tref nie. Op die ou einde van die dag is almal se konteks verskillend as gevolg van ons verlede, ons hede en ons toekomsplanne.
Ek is net bly die jaar is amper verby en ons kan uiteindelik asem skep. Baie mense is oormoeg, oorwerk en gefrustreerd.
My raad is dus, slaap genoeg want volgende jaar gaan dalk nie beter wees nie. Dit klink baie pessimisties. Volgende jaar mag dalk moeiliker wees, maar ek dink ons gaan meer voorbereid wees. Of dalk nie, maar dit sal ook nie die einde van die wêreld beteken nie.
Maak ’n punt daarvan om iets vir jouself te doen, om jouself meer lief te hê. Dalk moet jy – soos ek – weer jouself probeer vind en ontdek wat jou gelukkig maak.
Dalk moet ons 2021 rewind en nie nuus insluit wat oor Covid-19 gaan nie. Die groot geskiedkundige oomblikke in Namibië was natuurlik toe Christine Mboma ’n goue medalje by die Olimpiese Spele verower het en in die proses Namibiërs verenig het.
En die Eagles wat behoorlik gedurende die T20-Krieketwêreldbeker opslae gemaak het.
Wêreldpersvryheidsdag is vanjaar in Windhoek gevier. Dit was vir my natuurlik die hoogtepunt.
Internasionaal is Donald Trump gelukkig nie meer die Amerikaanse president nie; en ’n entstof teen malaria is ontwikkel wat ’n groot verskil in kinders se lewens in Afrika suid van die Sahara gaan maak.
Die lede van Daft Punk het besluit om hul eie paadjies te volg. Dis nou wel nie goeie nuus nie, maar ek moes dit net noem. Dis tragies vir almal wat van goeie musiek hou.
Die Black Eyed Peas is weer saam, maar Fergie is ongelukkig nie deel van die groep nie.
Britney Spears het uiteindelik vryheid gekry van die konserwatorskap wat goeie nuus is vir haar. Dis die eerste keer dat ek die terminologie hoor, so ten minste het ek ’n nuwe word geleer.
Die farmaseutiese bedryf het ook miljarde met die Covid-19-entstof gemaak. Dalk was 2020 en 2021 een van hul beste finansiële jare. Ek het gesê ek sal nie Covid noem nie, maar ek kom myself nie keer nie.
Die slegste nuus van 2021: Daar is nog mense wat nie ingeënt wil word nie en wat nog steeds allerhande fopnuus glo.
Een ding wat ek wel die jaar geleer het, is dat mense vreemde karakters is. Ek weet, ek moes dit al vroeër besef het. Vanjaar het ek die “lelike kant” van mense leer ken. En soos ek altyd sê ons almal het ’n goeie en ’n slegte kant. Dit hang net van jou af watter kant jy voed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie