Terugkeer na beleggingsgraad is prioriteit, sê Tito
Bloomberg – Dis vir die regering prioriteit om sy beleggingsgraad te herwin as deel van sy planne om ’n stagnerende ekonomie wakker te kry, het Tito Mboweni, minister van finansies, gesê.
Moody’s Investors Service is die enigste van die drie groot kredietgraderingsagentskappe wat Suid-Afrika se skuld nog op beleggingsgraad het. Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch het reeds hul gradering vir Suid-Afrika se skuld tydens oudpres. Jacob Zuma se termyn tot rommelstatus afgegradeer.
Mboweni was die naweek saam met pres. Cyril Ramaphosa in Buenos Aires in Argentinië vir die G20-beraad en Bloomberg TV het met hom ’n onderhoud gevoer.
Hy is nie seker hoe lank dit sal duur vir Suid-Afrika om sy beleggingsgraad-status te herwin nie, maar die hooffokus vir die regering moet wees om beleidsekerheid en geloofwaardigheid te verbeter, het Mboweni gesê.
Die regering sal ook sy skuldvlakke moet verlaag en brieke moet aandraai met sy reddingsboeie aan sukkelende staatsondernemings.
“Ons moet wys dat ons stappe doen om oplopende skuld te verlaag.”
Die kredietgraderingsagentskappe waarsku trae ekonomiese groei, sukkelende staatsondernemings en hoë skuldvlakke is die grootste risiko’s vir Suid-Afrika se skuldgradering. Mboweni het in sy eerste mediumtermynbegroting in Oktober die groeiverwagtinge vir 2018 tot 0,7% halveer nadat die ekonomie in die eerste helfte van die jaar in ’n resessie gedompel is.
Hy het ook gesê staatskuld sal later ’n spits bereik, en dan ’n hoër spits as wat voorheen verwag is. Die ekonomie het laas in 2013 meer as 2% per jaar gegroei, en werkloosheid is op 27,5%.
“Wanneer ons hierdie praktiese goed doen, dink ek die kredietgraderingsagentskappe sal na ons kyk en sê hierdie mense is terug in besigheid,” het Mboweni aan Bloomberg TV gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie