Terugslag vir Julian
Terugslag vir Julian

Terugslag vir Julian

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Terugslag het ’n Namibiese seuntjie getref wat verlede jaar ’n nieroorplanting in Suid-Afrika ondergaan het.

Julian Rittmann (13) van Rehoboth het Denys-Drash-sindroom. Voor die oorplanting is beide sy niere verwyder en hy is met abnormale geslagsorgane gebore, wat herstel is toe hy nog baie jonk was.

Volgens Julian se ma, Agnes de Waldt, sukkel hy die afgelope maande om van ’n urienweginfeksie ontslae te raak.

“Julian het ’n kepsiela-infeksie, wat groot gevaar vir sy oorgeplante nier inhou. Die dokters in Windhoek doen alles in hul vermoë om van die infeksie ontslae te raak,” het De Waldt gesê.

Volgens haar bied die infeksie elke keer weerstand teen die medikasie en is daar amper geen antibiotika meer wat help nie.

“Dit maak ons baie angstig, want hy het die ergste klepsiela wat daar kan wees.”

Volgens De Waldt was Julian weer vir ’n week in die hospitaal, maar kan dokters in Kaapstad hom help.

Die gesin moet hul voorgenome finansiële uitgawes in Suid-Afrika vooruit betaal, omdat die Kaapse dokters nie buitelandse mediese fondse aanvaar nie.

Deel van sy besoek aan Kaapstad sal ook ’n nierbiopsie en rekonstruksie van sy geslagsdele insluit.

Julian was verlede jaar ná sy nieroorplanting amper elke maand in die hospitaal.

Toe het De Waldt gesê die feit dat hy met abnormale geslagsorgane gebore is, veroorsaak gereelde blaasinfeksies.

‘n Trustfonds is vir Julian gestig om sy mediese uitgawes te help dek.

Die trustees is eerw. Collin Engelbrecht en me. Annastatia Najatana.

Enigiemand wat ‘n bydrae tot die trustfonds wil lewer, kan van die volgende besonderhede gebruik maak:

Julian Rittmann-trust: Nedbank, Rehoboth-tak, takkode 461027, reknr. 11990190862.

Kontak Agnes by [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!