Terugslag vir Torsten
Rugby
Die gedugte Namibiese toetshaker Torsten van Jaarsveld beleef ’n uitstekende seisoen by sy Franse klub Bayonne, maar het in die tweede helfte van Januarie ’n ernstige terugslag beleef.
Die 34-jarige gebore Windhoeker het ’n harde hou in die gesig gekry waartydens hy sy neus gebreek en ’n fraktuur aan sy oogbank opgedoen het. Volgens die aanvanklike berigte sou hy vir drie tot vier weke buite aksie wees.
Van Jaarsveld is tans sy klub se voorste driedrukker vir die seisoen in die Franse Pro D2-liga (die tweede vlak van die professionele spel in die land) en het geen van die ligbloues se wedstryde sover misgeloop nie. Bayonne bevind hom in die derde posisie van die 16 spanne, net agter die voorlopers Oyonnax en Mont-de-Marsan.
Sy goeie vertonings sal beslis in sy guns tel in die onderhandelinge met die verstryking van sy kontrak aan die einde van die huidige seisoen.
Van Jaarsveld sal beslis ook in die prentjie wees vir die Namibiese afrigter Allister Coetzee se beplanning vir die kwalifiserende Wêreldbekertoernooi in Juliemaand in Frankryk, waar die nasionale span binne tien dae drie opeenvolgende wedstryde teen Burkina Faso, gevolg deur waarskynlik Zimbabwe en Kenia sal moet wen om regstreeks tot die 2023 WB-toernooi in Frankryk deur te dring.
Van Jaarsveld het sy Namibiese debuut in 2014 gemaak en het sover in 16 toetse gespeel, insluitend die laaste twee Wêreldbekertoernooie (Engeland 2015 en Japan 2019).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie