Tesla, Apple aangekla
Tesla, Apple aangekla

Tesla, Apple aangekla

Vyf van die wêreld se grootste tegnologiemaatskappye word in 'n hofsaak daarvan beskuldig dat hulle mede­pligtig was aan die dood van kinders in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat gedwing is om kobalt te myn.

Kobalt word gebruik in die vervaardiging van telefone en rekenaars.

Die klag namens 14 Kongolese gesinne is Sondag deur Internation­al Rights Advocates, 'n ­Amerikaanse ­organisasie sonder winsbejag vir menseregte, ingedien teen Tesla, Apple, Alphabet, Microsoft en Dell Technologies.

Luidens die verklaring vorm die maatskappye deel van 'n stelsel van dwangarbeid wat volgens die gesinne óf hul kinders se dood veroorsaak het óf tot ernstige beserings gelei het.

Dit is die eerste keer dat dié sektor deur 'n gesamentlike klag oor die bron van kobalt in die gesig gestaar word.

Foto's in die hofstukke, wat in die distrikshof in Washington DC voorgelê is, wys kinders met gebreklike of vermiste ledemate.

Luidens die verklaring is ses van die 14 kinders in die saak in tonnel­stortings dood, en die ander het ­lewensveranderende beserings opgedoen, insluitend verlamming.

“Hierdie ondernemings – die rykste ondernemings ter wêreld, hierdie luukse ondernemings wat toestelle vervaardig – het toegelaat dat kinders vermoor en doodgemaak word om hul goedkoop kobalt te bekom,” het Terrence Collingsworth, 'n prokureur wat die gesinne verteenwoordig, aan die Thomson Reuters-stigting gesê.

Kobalt is noodsaaklik in die maak van herlaaibare litiumbatterye wat gebruik word in miljoene ­produkte wat deur die tegnologiebedryf verkoop word.

Meer as die helfte van die wêreld se kobalt word in die Kongo geproduseer.

Volgens die hofgeding word die kinders, so jonk as ses jaar oud, deur die uiterste armoede van hul gesinne gedwing om skool te verlaat en in ­kobaltmyne te gaan werk.

Die myne behoort aan die Britse mynmaatskappy Glencore.

Glencore is voorheen daarvan be­skuldig dat hy kinderarbeid gebruik.

Sommige kinders is so min as US$1,50 per dag betaal. Hulle werk ses dae per week.



KOMMENTAAR

In reaksie op 'n versoek om ­kommentaar, sê Dell in 'n e-pos dat hy “nooit bewustelik kinderarbeid gebruik het nie” en dat 'n ondersoek na die ­bewerings begin is.

– Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!