Tesla behaal teiken van 5 000 Model 3u2019s
Tesla behaal teiken van 5 000 Model 3u2019s

Tesla behaal teiken van 5 000 Model 3’s

Petrus Malherbe - Tesla, die Amerikaanse vervaardiger van elektriese motors, het ondanks ernstige produksieprobleme en die aflegging van 9% van sy arbeidsmag daarin geslaag om sy produksieteiken van 5 000 Model 3-motors per week te bereik.

Elon Musk, die maatskappy se eksentrieke uitvoerende hoof, het reeds etlike maande gelede belowe Tesla sou teen die einde van Junie dié teiken behaal.

“Ons het dit reggekry!” het Musk oor die naweek in ’n e-pos aan sy personeel geskryf. “Wat ’n ongelooflike taak vermag deur ’n ongelooflike span. Ek kan bars van trots. Dis ’n voorreg om saam met julle te werk.”

Terselfdertyd het Tesla ook sy teiken van 2 000 Model S- en Model X-voertuie bereik vir ’n gesamentlike produksie van 7 000 voertuie in net sewe dae.

Musk het verlede maand die “baie moeilike besluit” geneem om sowat 3 000 poste by Tesla te sny in ’n poging om winsgewend te raak. Die maatskappy het in die eerste kwartaal vanjaar ’n rekordverlies van byna $1 miljard gely, hoofsaaklik weens voortslepende produksieprobleme met sy nuwe Model 3, wat teen ’n verlies van $22 500 per motor vervaardig word.

Beleggers hou nou asem op om te sien of Tesla die teiken van 5 000 motors per week sal kan volhou en watter uitwerking dit op die maatskappy se jongste kwartaalsyfers sal hê. Dit word na verwagting binnekort uitgereik.

Tesla se aandeelprys het in nauurse verhandeling oor die naweek met byna 2% gedaal tot $342,95. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!