Tesla bou eers later fabriek in China
Tesla gaan nie voor die einde van die dekade sy elektriese motors in China, die wêreld se grootste voertuigmark, bou nie.
Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore uitvoerende hoof van Tesla, het op ’n konferensie aan finansiële ontleders gesê ’n paar honderdduisend voertuie sal per jaar vir kopers in China en hopelik ander dele van Asië vervaardig word.
Tesla het in Junie gesê dat hulle met die owerhede in Sjanghai saamgewerk het om plaaslike vervaardiging te ondersoek. ’n Aanleg in China sal vervaardigingskoste verlaag en sal voertuie soos die nuwe Model 3-sedan meer bekostigbaar maak.
China hef ’n invoertarief van 25%, wat die Model S en Model X aansienlik duurder maak as in die VSA.
Tesla se fabriek is in Fremont, Kalifornië.
Die maatskappy sal in 2019 begin om groot bedrae kapitaal in China te belê, sê Musk. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie