Teu00ebspoed tref atlete
Teu00ebspoed tref atlete

Teëspoed tref atlete

Sport
Tielman van Lill
Tielman van Lill

’n Lywige Namibiese span van 77 atlete het Maandagnamiddag laat per bus vanaf Windhoek na Maseru, Lesotho, vertrek waar hulle van 3 tot 13 Desember aan die Streek 5-jeugspele sal deelneem.

Die atlete word deur 38 spanbeamptes, agt afgevaardigdes, vyf hoogwaardigheidsbekleërs, 13 tegniese beamptes, twee vrywilligers, vyf bestuurders en drie joernaliste vergesel. Normale en siggestremde Namibiërs sal aan atletiek, boks, swem, tennis, sokker en vlugbal deelneem.

Die span sou na verwagting reeds gister in Maseru aankom, maar volgens inligting het een van die busse in Suid-Afrika onklaar geraak. ’n Meganikus is glo ontbied om na die probleem om te sien. Die afstand tussen Maseru en die hoofstad via Karasburg is egter 1 666 kilometer wat nie binne een dag per bus gery kan word nie.

Elizabeth Kavenambutako, ’n vlugbalspeler van die Kavango-Oosstreek, sal Namibië se vlagdraer by die kompetisie wees. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!