Texas-inwoners vlug uit orkaan Harvey se pad
Toue voertuie het Vrydag uit kusgebiede in Texas gestroom waar orkaan Harvey oornag verwag word.
Amptenare het inwoners beveel om hul huise, ondernemings en skole te ontruim in afwagting op die ergste windstorm in Amerika in 12 jaar.
Die orkaan sal na verwagting omstreeks middernag Amerikaanse tyd gebiede naby Corpus Christi met wind en stortreën tref.
“My dringende boodskap aan inwoners wat aangesê is om te ontruim, is om die opdrag na te kom en uit die gevaar te kom terwyl dit nog moontlik is,” was Greg Abbot, goewerneur van Texas, se boodskap.
Die storm het reeds die oliebedryf in sommige dele ontwrig wat tot 'n styging in petrolpryse gelei het.
Sowat 4% van die Amerikaanse olieproduksie en raffineringsbedryf en bykans 10% van olieproduksie ter see is gestaak. In die binneland het van die skalie-olievervaardigers ook bedrywighede opgeskort as voorsorgmaatreël teen moontlike vloede.
Harvey het tot 'n kategorie twee storm opgeskuif met winde van 177 km/h terwyl winde noordwaarts van Corpus Christi teen sowat 225 km/h gewaai het. Die verwagte windspoed voordat die storm uitbreek, is sowat 193 km/h.
Die Amerikaanse nasionale weerdiens het gewaarsku dat mense skuiling teen die wind moet vind om ernstige beserings en selfs lewensverliese vry te spring.
Tot 97 cm reën word oor dele van Texas verwag en seevlakke kan tot 3,7 m styg.
Vloedwaarskuwings geld ook in die deelstaat Louisiana en in die noorde van Mexiko.
Minstens 40 vlugte is ook weens die naderende storm gekanselleer of vertraag.
Die vorige storm wat dieselfde omvang as orkaan Harvey gehad het, was Wilma wat die Amerikaanse deelstaat Florida in 2005 getref het.
–Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie