Texas-skieter het sy vrou gereeld aangerand
Texas-skieter het sy vrou gereeld aangerand

Texas-skieter het sy vrou gereeld aangerand

Die eksvrou van Devin Kelley, die man wat verlede Sondag 26 mense in ’n kerk in Texas afgemaai het, sê hy het haar gereeld aangerand en gedreig om haar en haar hele familie te vermoor.

Kelley “het baie demone of haat binne hom gehad”, het sy eksvrou, Tessa Brennaman (25) in ’n onderhoud met CBS News gesê.

Kelley (26) het in 2013 skuld beken dat hy Brennaman geslaan, gewurg en geskop het en dat hy haar jong seun se skedel gebreek het.

Hy het daarna ’n jaar militêre gevangenisstraf uitgedien en is oneervol uit die lugmag ontslaan.

Dit was Brennaman se eerste onderhoud sedert Kelley op 5 November 26 mense in die Baptistekerk in Sutherland Springs, Texas, doodgeskiet het.

Sy vertel aan CBS News dat Kelley op ’n keer gedreig het om haar dood te maak toe sy ’n spoedboete gekry het.

“Hy het ’n pistool in sy pistoolsak gehad en die pistool uitgehaal en dit teen my slaap gedruk en gesê: ‘Wil jy doodgaan? Wil jy doodgaan?’ ” sê Brennaman.

Kelley het ook 20 mense in die skietery gewond.

Hy het die militêre Colt AR-15-aanvalsgeweer wat hy in die slagting gebruik het buite die kerk neergegooi en die toneel in sy bakkie verlaat voordat hy homself met ’n ander vuurwapen doodgeskiet het.

Kelley is ná die huishoudelike geweld verbied om ’n vuurwapen te besit of te koop.

Die lugmag het egter ná die slagting erken sy skuldigbevinding “is nooit in die nasionale databasis van misdadigers opgeneem nie”.

Mense wat skuldig bevind is aan huishoudelike geweld word verbied om vuurwapens te besit, maar die vuurwapenwette verskil tussen deelstate. Die wette word boonop nie toegepas nie en bevat baie leemtes.

Die drukgroep Everytown For Gun Safety het bevind dat 54% van die slagoffers in die 156 massaslagtings met vuurwapens tussen 2009 en 2016 voormalige lewensmaats of familielede was.

Volgens Everytown se data word meer as 50 vroue in Amerika jaarliks deur hul eksmaats doodgemaak.

Die voorkoms van ’n vuurwapen in ’n voorval van huishoudelike geweld verhoog die kanse dat die vrou vermoor word met vyf keer. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!