Thai-seuns huil oor duiker wat sterf
Die 12 seuns wat vir byna drie weke in 'n grot vasgekeer was in die noorde van Thailand, het Saterdag hulde gebring aan die vlootduiker wat in die reddingspoging dood is.
Die seuns het trane weggevee terwyl hulle boodskappe geskryf het op 'n tekening van Saman Kunan, die duiker wat op 6 Julie dood is tydens 'n operasie om suurstoftenks aan die vasgekeerde tieners en hul afrigter te bring, berig CNN
Kunan (38) se suurstof het opgeraak terwyl hy onderwater was.
Die Wild Boars-sokkerspan, wat tans in die hospitaal herstel ná 18 dae in die Tham Loeang-grot, het die naweek vir die eerste keer gehoor van die duiker se dood, berig The Telegraph.
Foto's van die kinders in hul hospitaalklere met hul koppe gebuig is Sondag gepubliseer.
Volgens The Guardian het die mediese span gewag totdat die seuns geestelik sterk genoeg was voordat hulle die nuus van die duiker se dood met hulle gedeel het.
“Hulle het gehuil en hul medelye uitgespreek deur boodskappe te skryf op 'n tekening van lt. Saman, waarna hulle 'n minuut se stilte vir hom gehou het,” sê Jedsada Tsjokdamrongsoek, 'n woordvoerder van die plaaslike gesondheidsdepartement.
Volgens die gesondheidsdepartement is die seuns en hul afrigter nou in 'n “normale” toestand, hoewel baie van hulle steeds antibiotika gebruik nadat hulle nege dae in die klam, donker grot deurgebring het.
Die seuns sal na verwagting teen Donderdag uit die hospitaal ontslaan word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie