Thailand se koning veras
Thailand se koning veras

Thailand se koning veras

Meer as 30 000 mense uit alle uithoeke van Thailand het na die hoofstad, Bangkok, gegaan om Donderdag afskeid te neem van koning Bhumibol Adulyadej.

Hulle het onder dun velle plastiek in die strate geslaap om verseker te wees van ’n plek om die begrafnisstoet te kan aanskou.

’n Vrou het aan Reuters gesê sy het vir meer as ’n maand lank van haar tuisdorp in die suide van die land na die hoofstad gestap om die gewilde koning, wat reeds ’n jaar gelede dood is, te groet.

Die beplanning vir sy begrafnis, wat toe reeds begin het, behels antieke rituele wat reeds by die Groot Paleis gehou is, voordat ’n prosessie deur die strate na die koninklike krematorium sal beweeg wat op ’n plein naby die paleis opgerig is.

Die koning is later Donderdag op ’n brandstapel veras wat deur sy seun aangesteek is.

Die koning was 88 jaar oud en hy was vir sewe dekades lank aan bewind. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!