Thalia en Carané se oomblik
Gimnastiek
Andrew Poolman – Twee skoliere van Walvisbaai Privaat Hoërskool is die aangewese Namibiese gimnaste na volgende week se kontinentale kwalifiserende geleentheid vir vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio, Japan.
Die 18-jarige Thalia Loveira en Carané van Zyl (17) vertrek Saterdag na Egipte se hoofstad Kaïro, waar hul bepalende kompetisie Woensdag beslis word.
Die twee individuele mededingers kry elkeen net twee spronge op die trampolien om die beoordelaars met die uitvoering van hul roetine te beïndruk. Die ongenaakbare kompetisie laat dus geen ruimte vir foute nie.
As medaljewenners in 2018 by die Afrika Jeugspele in Algerië het beide reeds gewys dat hulle op die groter verhoog kan presteer. Van Zyl het 'n goud in trampolien en tuimelgimnastiek gewen, terwyl Loveira die brons in tuimelgimnastiek verower het. Saam het hulle die goue medalje in die gesinkroniseerde trampolienspring verower.
Die twee word deur mnr. Vesselin Kostin as hul afrigter en me. Mariette van Zyl as chaperone vergesel.
Me. Sonja Olivier, president van Namibiese Gimnastiek, sê: “Ná die proewe en uitslae is ons baie optimisties dat hulle albei dalk kan kwalifiseer as die vroulike kwota vir (Olimpiese) senior trampolien.
“Die Afrika-kampioen is outomaties die atleet wat kwalifieer, maar daarna moet WADA-toetse gedoen word en dis nog 'n lang pad voor Tokio. Ons hoop ons meisies is die boonste twee op die podium. Sou daar dan dalk iets met die wenner gebeur, kan die nommer 2 die kwota vul.
“Natuurlik is ons hoopvol alles gaan goed en ons hou baie styf duim vas. Hulle het baie hard gewerk onder moeilike en uitdagende omstandighede.”
– [email protected]
FOTO
Thalia Loveira (links) en Carané van Zyl wys die goue en bronsmedaljes wat hulle by die 2018 Afrika Jeugspele in Algerië gewen het. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie