The Beast ongetem by kus
Mateus Heita het op ’n koue Saterdagaand by die Kuisebmond-stadion in Walvisbaai sy belofte nagekom.
Jesse Jackson Kauraisa in Walvisbaai
Die 23-jarige Mateus “The Beast” Heita het verlede week belowe hy gaan sy dierlike instinkte teen Tinashe Mwadziwana van Zimbabwe loslaat.
Heita sê sy onlangse sege teen Mwadziwana om die Wêreldvereniging (WBA) se Pan Afrika-superkapokgewigtitel te wen, sal vir hom deure na groter dinge in die toekoms oopmaak.
Mwadziwana het aan die begin van die sesde ronde die handdoek ingegooi nadat The Beast hom uit die staanspoor ’n boksles by die kus gegee het.
The Beast het gesê: “Ek was onder geen druk nie. Ek was in beheer van die geveg vandat die klok vir die eerste ronde gelui het. Baie dankie aan elkeen wat kom kyk het hoe ek by die huis (Walvisbaai) veg. Ek was goed vir die geveg voorberei, want ek het geweet hoe belangrik dit is om ’n oorwinning te behaal. Ná my sege teen Mwadziwana sal deure vir my oopgaan.”
Nestor Tobias van die MTC Sunshine-boksakademie wat die boksbonanza aangebied het, was ingenome met sy boksers se vertonings. Meeste van sy vegters was Saterdagaand aan die wenkant.
Tobias het gesê: “Dit was ’n besonderse aand vir die boksers wat deurentyd gehalte-vertonings gelewer het en dit maak my as ’n promotor gelukkig. Ek is tevrede met Heita se oorwinning en sy kanse vir die toekoms is onbeperk. Hy is nog jonk en talentvol en dit tel in sy guns.”
Martin Mukungu het sy verskyning op die bokstoneel gemaak met 'n tegniese uitklophou in die tiende ronde teen Immanuel Jason om die nasionale veergewigtitel op te raap.
Phillipus Shaanika en Joseph Abel se nasionale superkapokgewiggeveg het in die tweede ronde gelykop geëindig ná 'n kopstamp Shaanika se wenkbrou oopgekloof het. Die geveg kon weens erge bloeding nie voortgaan nie.
Max Ipinge van Walvisbaai het ook 'n oorwinning met 'n eenparige puntebeslissing teen Tinashe Zihove van Zimbabwe aangeteken.
Lazarus Namalambo het die nuwe nasionale kapokgewigkampioen geword nadat hy naelskraapse eenparige puntebeslissing oor tien rondes teen Andreas Mwenyo kon bewerkstellig.
Natanael Sebastiunus het sy terugkeer tot die kryt gemaak, maar moes in sy veergewiggeweg teen Botswana se Steven Bagwasi die knie buig.
In die vlieggewigafdeling oor vier rondes het Erastus Shapaka sy debuut en vuurdoop oorleef, maar is deur Festus Simeon geklop wat die geveg met 'n eenparige beslissing gewen het.
Die veergewig, Fredrick Ngutenyane, het Johannes Morsande met 'n eenparige beslissing geklop. Lineekela Ngifindika het vir Gerson Alweendo uitgeslaan om 'n oorwinning in die juniorliggewigafdeling op te eis.
Elson Kalus het nog 'n sege by sy professionele rekord gevoeg ná 'n eenparige beslissing teen Rafael Iita. Nestor Thomas het gemaklik met Antoni Moses afgereken toe hy Moses met 'n verwoestende hou platgeslaan het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie