The Country Hut het groot planne
Die padstal sowat 60 km noord van Okahandja het ‘n nuwe baas wat groot planne in die mou voer.
Ronelle Rademeyer - Presies 59 km noord van Okahandja by die D2112-afdraai regs, wapper die Namibiese, Suid-Afrikaanse en Duitse landsvlae en vang van ver die oog.
Terwyl ’n mens nog oor die vlae wonder, doem The Country Hut-padstal se bord op en verminder jy instinktief spoed.
Vir ’n langpad-motoris is ’n padstal wat kuipe vir ’n renjaer is – ’n broodnodige stop vir die verdere reis; ’n plek waar jy kan bene rek en die innerlike versterk.
The Country Hut bestaan al jare, maar het sedert November verlede jaar ’n nuwe eienaar.
Riaan Platt, wat by Closwa werk, het dit by Jaco du Preez oorgeneem.
Dié padstal is op die plaas Vrede van die Zaire-familie geleë.
Riaan het vrolike, gekleurde naamborde van die verskillende produkte in die padstal teen die geboutjie aangebring en ‘n mens voel sommer lus om te verken.
’n Vriendelike jongman, David Gariseb (20), bestuur die padstal vir hom en groet gul wanneer jy nader stap.
David vertel dadelik van die groot ontwikkelingsplanne wat hulle het.
Dit sluit in om die padstal te vergroot sodat mense kan instap en die produkte besigtig. Tans is dit soos ’n kiosk en plaas ‘n mens jou bestelling deur die tralievenster.
Hulle beoog ook ’n teetuin onder die bome, en oornagkamers en ablusiegeriewe.
David sê biltong en droëwors te kies en keur is die hooffokus as dit by produkte kom, maar Riaan wil ’n groot verskeidenheid ander tipiese padstalprodukte begin aanhou.
“As daar boervroue in die omgewing is wat konfyt kook en produkte inlê, of koekies en beskuit bak, moet hulle my asseblief kontak,” nooi hy.
Mooi kunsvlyt en handwerkprodukte is ook welkom, voeg Riaan by. Sy nommer is 081 212 7881.
*Die Boer sit vanjaar die reeks oor Padstalle in Namibië voort. Kontak ons by 081 127 8159 as jy wil hê ons moet jou padstal besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie