The Unseen se première in Oshakati
The Unseen se première in Oshakati
The Unseen handel oor kuns, identiteit en eensaamheid.
Die rolprent beeld drie karakters wat onderling verbind is uit en die kyker volg die karakters soos hulle deur die Namibiese samelewing beweeg.
Daar is die rebel Sara wie se kalm besluit om haar lewe te beëindig 'n verskeidenheid van interessante en botsende reaksies in die mense na aan haar veroorsaak. Anu, 'n dromerige musikant, sukkel om sy hallusinasies en bonatuurlike ervarings aan sy rowwe vriende regoor die stad te verduidelik. Marcus, 'n Afro-Amerikaanse akteur wat van sy vrou vervreemd is, speel 'n rol in 'n epiese historiese rolprent, maar bestee baie tyd om deur die wildernis te dwaal op sy soeke na betekenis.
Die rolprent bestaan uit ‘n reeks filosofiese mymerings oor wat dit beteken om in onafhanklike Namibië te leef. Die lyn tussen fiksie en dokumentêr word doelbewus in hierdie rolprent vervaag.
Die vertoning van die rolprent sal gevolg word deur ? bespreking met die regisseur Perivi Katjavivi.
The Unseen sal ook binnekort in ander streke van Namibië aan die publiek beskikbaar gemaak word.
Die première vind op 27 Februarie vanaf 18:30 in die Oshana-streeksbiblioteek op Oshakati plaas. Toegang kos N$10.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie