'The White Line' maak debuut in VSA
'The White Line' maak debuut in VSA

'The White Line' maak debuut in VSA

Yandi Du Plessis
Die bekroonde Namibiese fliek The White Line, wat op 13 November 2020 in plaaslike teaters bekend gestel is, is alreeds by verskeie internasionale filmfeeste vertoon. Die filmspan het onlangs opgewonde aangekondig dat dié rolprent ook eerskomende Vrydag in die Lumiere Cinema in Los Angeles, Kalifornië, bekend gestel sal word. The White Line het ingeskryf vir die 94ste aflewering van die Oscars. Daarbenewens is die rolprent ook 'n semifinalis by die 2021 Garden Route International Film Festival (GRIFF), en word tans aanlyn op die GRIFF-webblad vertoon. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer