Theo-Ben Gurirab se lesingreeks bekend gestel
Theo-Ben Gurirab se lesingreeks bekend gestel

Theo-Ben Gurirab se lesingreeks bekend gestel

Estelle de Bruyn
Namibiërs wat in internasionale betrekkinge belangstel, sal voortaan kwartaalliks openbare lesings oor dié onderwerp kan bywoon.

Die Theo-Ben Gurirab-lesingreeks word deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking aangebied.

Met die bekendstelling het me. Netumbu Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê verlede jaar se konferensie om Namibië se buitelandse beleid te hersien, het bewys dat daar groot belangstelling is in globale gebeure en die impak daarvan op Namibië se binnelandse beleid.

Dit is na aanleiding hiervan dat besluit is om die lesings aan te bied.

Die lesingreeks sal die publiek aanmoedig om betrokke te raak by die opstel van buitelandse beleid.

Dit raak veral Namibië se ontwikkelingsagenda soos vervat in die Grondwet, Visie 2030, die nasionale ontwikkelingsplanne, Swapo se verkiesingsbeleid, die Harambee-welvaartplan, die Afrika-unie se Agenda 2063 en die Verenigde Nasies se 2030 agenda vir volhoubare ontwikkeling.

"Die lesingreeks sal die geleentheid skep om na te dink oor hoe ons in die beste belang van Namibiërs kan optree, tot hul veiligheid, voorspoed en welstand kan bydra, asook hoe die land se waardes deur aktiewe internasionale betrokkenheid bevorder kan word,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Onderwerpe wat tydens die lesingreeks bespreek sal word, sal hedendaagse wêreldgebeurtenisse insluit.

Aanbieders sal uit regeringsgeledere bestaan, insluitende die senior bestuur van die ministerie, die Namibiese Vereniging vir Voormalige Ambassadeurs, verskeie sektore van die samelewing soos die akademie, die burgerlike samelewing, die parlement, die private sektor, verteenwoordigers van die jeug, die diplomatieke korps en staatsondernemings, en waar nodig sal internasionale deskundiges genooi word.

Die lesingreeks sal in al 14 streke van die land aangebied word.

Die bekendstelling op 31 Julie het met die 53ste herdenking van die vorming van die Pan-Afrika Vroueorganisasie saamgeval.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!