Theo Vorster: Vrees, hoop lei tot dom besluite
Volgens studies beroof emosies ons van langtermyn-beleggingsukses.
Theo Vorster – Die gesegde is dat beleggingsmarkte gedryf word deur vrees en gulsigheid. Daar is heelwat akademiese studies gedoen oor markte en hoe emosies ons beroof van langtermyn-beleggingsukses.
Die afgelope paar jaar het dié vrees en gulsigheid, soos voorspel deur handboeke, hulle voor ons uitgespeel. Ek gaan fokus op twee voorbeelde en dan laastens mense uitnooi om deel te wees van ’n wettige belastingopstand – waar jy verseker is van wen!
As ek kyk na die bewegings van plaaslike eiendomsaandele, kom die konsep van gulsigheid, vrees en dan ’n mate van realisme duidelik na vore.
In die tien jaar tot voor 2018 het ’n belegging in genoteerde eiendom, wat grotendeels ’n belegging in die Suid-Afrikaanse mark vir handelseiendom (winkelsentrums, kantore en nywerheidsgeboue) was, ’n jaarlikse opbrengs van amper 15% per jaar gelewer, terwyl inflasie oor dieselfde periode minder as 6% per jaar was.
Om dit in perspektief te plaas: ’n belegging van R10 000 het gegroei tot R40 000.
Dit is dus heeltemal te verstane dat genoteerde eiendom die gunstelingsektor geword het van mense wat hul besluite volgens gulsigheid neem en glo dat die tru-spieëltjie die beste voorspeller is van wat voor jou aangaan.
Die prentjie het in 2018 dramaties verander, met dieselfde gunstelingsektor wat met meer as 25% gedaal het. Gevolglik het beleggers geskrik.
En dit was juis tydens die daling dat vrees die oorhand gekry het soos beleggers die sektor deur die loop van 2018 op strepe verlaat het – en toe kom Januarie 2019!
Die sektor het eensklaps met meer as 9% van einde Desember 2018 tot einde Januarie 2019 gespring.
Wisselkoers
As dit kom by beleggers, is die beweging van die rand ook een van daardie veranderlikes wat mense vrot emosionele besluite laat neem.
As ek na die rand-dollar-bewegings die afgelope 20 jaar kyk, is dit opvallend hoe die wisselkoers elke paar jaar weer terugkom na die koopkragverskil tussen Suid-Afrika en die VSA. Oor die 20 jaar het die wisselkoers weg van die verskil beweeg, maar dan het die groter ekonomiese en kapitaalvloeikragte die geldeenheid net weer teruggebring na meer rasionele vlakke.
Net so moeilik soos dit was om mense in 2002 en weer spesifiek in 2015-’17 te oortuig die rand sal weer herstel, net so moeilik is dit om mense vandag te oortuig dit is nou ’n goeie tyd om seker te maak jou buitelandse blootstelling is op die vlakke wat gepas is vir jou langtermyndoelwitte:
In die periode van 2015-’17 was dit vrees wat besluite oor die vlakke van die rand oorheers het.
In 2019, met die rand wat rondom R13,30 verhandel, is dit hoop (en sekerlik gulsigheid) dat die rand nog sterker gaan word, wat besluite beïnvloed.
Belastingopstand
Daar is allerhande geraas oor belastingboikotte in die lug, maar daar is wel maniere waarop jy wettig kan deelneem aan jou eie belastingprotes en dan ook sommer verseker dat jy wen!
Voordat jy besluit om op straathoeke met plakkate jou in die moeilikheid te kry, maak seker jy gebruik die belastingvoordele wat reeds bestaan, onder meer om voor die einde van Februarie:
· Jou annuïteit-voordeel ten volle te gebruik – ruweg, die regering vergoed jou as jy vir jou eie aftrede voorsiening maak!
· As jy hierdie voordeel uitgeput het, gebruik die belastingvrye-spaarvoordeel – en hier bly blootstelling aan ’n eiendomsfonds een van die beter opsies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie