Thomas, Townsend se 'eskapades' onder loep
Die staatsgetuies wat Vrydag getuig het, het nog seksuele dade verklap tussen die twee beskuldigdes en vroue wat hulle by kuierplekke in Windhoek ontmoet het.
Kristien Kruger – Twee staatsgetuies in die Heckmair-moordverhoor het verlede week in hul getuienis besonderhede oor hul ontmoetings met die beskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend, verskaf.
Een van dié getuies het erken sy het met een van die beskuldigdes seks gehad. Me. Patricia Oweses het Vrydag in die Windhoekse hoërhof gesê sy en Thomas het by twee geleenthede saam geslaap.
Volgens haar getuienis het Thomas beide kere vir haar geld gegee, maar sy ontken dit was as betaling bedoel.
Me. Lelani Plaatjies het die vorige Dinsdag getuig en het – ten spyte daarvan dat Townsend tydens kruisverhoor by monde van sy prokureur, mnr. Mbanga Siyomuinji, gesê het hy het 'n groepswoeps (threesome) saam met Plaatjies en haar vriendin, me. Roxy Shaw, gehad – ontken dat sy seks met enige van die beskuldigdes gehad het.
Albei getuies, saam met hul onderskeie vriendinne, het die mans in Desember 2010 en/of Januarie 2011 by kuierplekke ontmoet.
SELFOONNOMMERS EN -REKORDS
'n MTC-werknemer, mnr. Glenn English, het getuig hy het simkaarte op 29 Desember 2010 aan die twee Amerikaners verkoop. Een nommer eindig met 4154 en die ander op 4153.
Die selfoonrekords het getoon die 4153-nommer het vanaf 2 Januarie 2011 verskeie kere vir Andre Heckmair gekontak. Die kommunikasie het op 7 Januarie opgehou – die dag waarop Heckmair vermoor is.
Oweses het Vrydag getuig die nommer wat met 4153 eindig, is Thomas se nommer en Plaatjies het getuig die nommer wat met 4154 eindig, behoort aan Townsend. Thomas het tydens die verhoor getuig dat die 4154-nommer syne is.
Die Heckmair-verhoor was geskeduleer om elke dag verlede week plaas te vind, maar kon net Dinsdag en Vrydag voortgaan.
Maandag was Thomas se verteenwoordiger, me. Lilian Mbaeva, op siekverlof en Woensdag was Oweses siek en kon eers Vrydag in die hof verskyn.
AGTERGROND
Thomas en Townsend is Amerikaners wat daarop tereg staan dat hulle Heckmair op 7 Januarie 2011 in sy motor in Windhoek doodgeskiet het.
Heckmair is met een skoot in sy kop geskiet terwyl hy, volgens sy ma en suster se getuienisse, op pad was om twee Amerikaners te ontmoet.
Marcus het tydens verlede maand se hofverrigtinge vir die eerste keer erken dat hy en Heckmair mekaar geken het, saam besigheid gedoen het en afgespreek het om mekaar daardie dag te ontmoet, maar volgens hom het Heckmair nooit opgedaag nie.
Die staatsaanklaer is Antonia Verhoef en die saak dien voor regter Christie Liebenberg.
Die verhoor hervat op 13 September.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie