Three Passes: Nuwe roete bied vars uitdagings
Bergfietsry
Die Marathon Sugar Three Passes-bergfietstoer vind vanaf vandag tot Sondag in drie skofte plaas wanneer die braafste van die brawe ryers hul ysterperde vir die marathon-afstand opsaal.
Johan Fourie, stigter van dié fietstoer in 2013, sê Marathon Sugar is sedert 2017 deel van die byeenkoms as hoofborg wat die “soeter oomblikke in die lewe” met ryers deel.
“Die doel met die byeenkoms was nog altyd om ryers van alle ouderdomme en kompeterende vlakke die geleentheid te gee om hulself te beproef.
“Ek het besef dat deelnemers graag verder afstande as die normale eendagtoere wil ry en nou is dit weer die kans waar elkeen die verste afstand kan aanpak waarvoor hy of sy kans sien. Dit is dus 'n toets vir jou eie grense – eerder as 'n resies teen ander.
“Behalwe die afstand is die weersomstandighede ook 'n uitdaging met stywe klimgedeeltes en vier bergpasse wat op die ryers wag. Die toer gaan nie net oor die deelnemers nie, maar ook die ondersteuningspanne wat ure bestee om hul onderskeie ryers te ondersteun.
“Dit gaan ook daaroor om dit 'n naweek vir die hele familie te maak waar gesinne in die natuur kan ontspan,” het Fourie vertel.
Die nuwe roete vir 2018 strek oor vier van Namibië se mees ikoniese passe wat die Gamsberg-, Kuiseb-, Gaub- en Spreetshoogtepas insluit.
Op dag een (vandag se skof) volg ryers die pad oor die Gamsbergpas en eindig by die Rooisand Desert Ranch wat ook die toerbasis vir die volgende twee dae sal wees.
Ryers het op die tweede dag 'n keuse watter afstand hulle voor kans sien en kan kies of hulle oor die Kuiseb- of Gaubpasse wil ry om dan by Rooisand klaar te maak.
Dag drie bied verskeie wegtrekpunte wat die onderskeie afstande bepaal. Ryers sal meestal hul tyd op die distrikpaaie deurbring en 30 km op tweespoorpaadjies op plase ry om aan die bopunt van die gedugte Spreetshoogtepas te eindig.
In die proses om Spreetshoote te tem, sal deelnemers die 4 kilometer agter die rug moet kry om 450 m se klim te oorwin.
Die byeenkoms kan op verskeie manier gepak word, want spanne van enige grootte, of solo-ryers, is almal welkom om die kettings te laat knars.
Ondersteuningsvoertuie word toegelaat en is welkom om hul ryers aan te moedig om daai ekstra krag in te sit.
“Ons begin (vandag) om 07:00, maar op die ander twee dae sal ons beslis voor agtuur in die pad val,” het Fourie aan Republikein gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie