Tibet sluit Everest-basiskamp weens morsjorse
Tibet sluit Everest-basiskamp weens morsjorse

Tibet sluit Everest-basiskamp weens morsjorse

Dis rommelstrooiers se skuld dat toeriste nie meer die Everest-berg se basiskamp in Tibet mag besoek nie.

Sowat 300 ton rommel is verlede jaar op die piek opgetel. Die Chinese regering het aangekondig net stappers met permitte word nou daar toegelaat, berig Sky News.

Ongeveer 40 000 mense het in 2015 die gebied, wat op 5 200 m bo seevlak per motor bereikbaar is, besoek.

Die Nepalese basiskamp is slegs ná ’n staptog van sowat twee weke bereikbaar en daarom besoek toeriste al meer die basiskamp in Tibet.

“Die sleutelgebied (van die reservaat) sal vir ’n onbepaalde tyd vir toerisme gesluit wees, grootliks vir ekologiese bewaring,” sê Tang Wu, van die toerismekommissie in die Tingri-provinsie waarin die berg Everest geleë is.

Die South China Morning Post berig mense sal steeds die omgewing van die Rongbuk-klooster op 5 000 m bo seespieël kan besoek. Bergklimmers met permitte, wat glo ook strenger beheer gaan word, sal steeds hoër as die Rongbuk-klooster mag klim.

Die BBC berig die gemors wat die afgelope lente daar opgetel is, het menslike uitskeiding en bergklimtoerusting ingesluit. Vanjaar sal daar ook in opruimingspogings probeer word om nog lyke bo die 8 000 m merk te verwyder. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!