Tien burgerlikes sterf in gesamentlike aanval
Tien burgerlikes sterf in gesamentlike aanval

Tien burgerlikes sterf in gesamentlike aanval

NAMPA
Amptenare van die Somaliese regering het gister gesê die tien mans en seuns wat dood is in 'n gesamentlike aanval deur Amerikaanse en Somaliese magte, was burgerlikes en dat bloedgeld aan hul families uitbetaal sou word.

“Hulle is per ongeluk dood. Die regering en die families sal vergoeding bespreek. Ons betuig ons meegevoel met die families,” het die wetgewer, Mohamed Ahmed Abtidon, gesê by die begrafnis wat vir die tien gehou is. Hulle is Vrydag dood toe die Bariire-nedersetting aangeval is.

Africom, die VSA se militêre mag in Afrika, het die teenwoordigheid van Amerikaanse troepe tydens die aanval bevestig, ingevolge uitgebreide magte wat pres. Donald Trump in Maart aan Amerikaanse troepe in Somalië gegee het.

Amerikaanse amptenare het nie kommentaar gelewer oor Vrydag se aanval nie, maar sê berigte van burgerlike sterftes word ondersoek. Die aanval het in 'n gebied plaasgevind wat lank gebuk gaan onder stamgebonde konflik oor beheer van die vrugbare landbougrond. Somaliese magte en vredebewaarders van die Afrika-unie het vroeër die maand geveg om beheer oor Bariire van Islamitiese insurgente terug te wen.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!