Tien donker weke vir aftreeoord
Tanja Bause – Altesaam 25 bejaardes van die Oude Rust aftreeoord in Windhoek het binne tien weke gesterf.
Volgens me. Karen Trümper, die bestuurder van die oord, het nie almal aan Covid-19 gesterf nie.
“Sommiges het rustig in hul slaap gesterf. Ons het ook drie personeellede verloor,” het sy gesê.
By die Schanzen Oord Care Unit het twaalf bejaardes in dieselfde tydperk gesterf.
“Sowat 30 van ons bejaardes het ook weer herstel nadat hulle positief vir Covid-19 getoets het. Ons het besluit om die boom met hul foto's te maak sodat ons en die inwoners afsluiting kan kry.”
Die boom sal namate bejaardes sterf nuwe “blare” kry.
“In die laaste tien weke het ons ewe veel mense verloor as wat ons gemiddeld in drie jaar verloor. In die voorafgaande 15 maande was ons baie gelukkig om nie 'n enkele positiewe Covid-19-geval onder enige van ons bejaardes te gehad het nie.”
FOTO’s Tanja Bause
Mee. Heidrun Junkhe en Hester Eckleben kyk na hul kennisse en vriende op die boom van herinneringe.
Inwoners van Oude Rust aftreeoord in Windhoek neem afskeid van hul vriende en kennisse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie