Tien jaar van Namibiese musiek gevier
Die afgelope naweek se Nama-toekennings het agt volle naweke van Namibiese musiek afgesluit met prysgelde van meer as N$1,2 miljoen.
Die Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) het op ’n emosiebelaaide noot geeïndig toe die musikant Gazza as kunstenaar van die dekade gekroon is. Dié gesogte toekenning gaan aan die kunstenaar wat met die meeste toekennings oor die afgelope tien jaar by die NAMAs weggestap het.
“Ons wil Gazza gelukwens met 18 NAMAs wat hy oor die afgelope tien jaar ingepalm het. Hy is uitsonderlik in sy werk en lewer jaar in en jaar uit gehalte-treffers, en hierdie eerbewys, wat die hoogste is wat ons ooit uitgedeel het, beteken dat hy die beste van die beste is," het die uitvoerende voorsitter van die NAMAs, mnr. Tim Ekandjo, gesê.
Rose BLVC, wat al met vier toekennings weggestap het, het 'n vyfde by haar naam gevoeg toe sy die Beste Nuweling-toekenning ingepalm het.
Die laaste toekenningsaand van die NAMAs het in styl geëindig toe al die kunstenaars wat in die Kunstenaar van die Dekade-kategorie genomineer is, die verhoog verlig het met dinamiese optredes. Die aand het afgeskop met Exit wat gewys het waarom hy een van Namibië se beste kunstenaars is. Hy het saam met Harry Simon Jr die verhoog oorgeneem en sy reputasie as die onbetwiste kampioen van kwaito gestand gedoen. Oteya het die gehoor op ’n nostalgiese reis geneem met al haar treffers van die afgelope paar jaar, terwyl Lize Ehlers en Mushe gewys het waarom hulle soveel toekennings agter hul name het.
Die hoogtepunt van die aand was die bekendstelling van sommige van Namibië se musieklegendes op die NAMA-verhoog met D-Naff wat sy ou trefferlied “Tsipi Tsipi”, Killa B met “Eliko”, Stella met “Kapepo” en Michal! Owos-aob wat “#nauhe tama xu-ige” opgevoer het. Kapitol K, wat al jare van die musiektoneel afwesig is, het almal verras toe hy op die verhoog verskyn het om een van Namibië se grootste treffers van alle tye “Tara Mate” op te voer.
“Die laaste NAMA-toekenningsaand ooit was ’n aand van gehalte-musiek. Dit is moeilik om te glo dat ons nou een van die suksesvolste projekte oor die hele vasteland, wat meer as 48 miljoen kykers oor die wêreld gehad het, moet afsluit,” het Ekandjo gesê.
Ekandjo se afskeid van die geleentheid was emosioneel. Hy het die kunstenaars en die bedryf bedank vir die oorweldigende ondersteuning toe hy die mooi herinneringe van die afgelope dekade herroep het. Ekandjo het ook twee spesiale toekennings uitgedeel; een aan die Rockstar-musiekproduksiegroep vir hul uitstekende bydrae tot die NAMAs deur die jare en 'n ander aan die NAMA House Band omdat hulle die gehalte van musiek en optredes verhoog het deur die oorgang te maak van slegs enkele regstreekse optredes na 100% regstreekse optredes.
“Alle dank en lof kom die NAMA-span toe vir hul harde werk en toewyding die afgelope tien jaar,” het Ekandjo afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie