Tien-man BA skakel titelhouer uit

Net 16 spanne bly oor in die Debmarine-uitklopreeks.
Met een speler kort ná ’n rooi kaart, het Black Africa teruggeveg om Sondag die verdedigende kampioenspan van die Debmarine nasionale uitklopreeks, Young African, uit te skakel.

Nog ’n span met NPL-status, Life Fighters, is uitgeskakel in die ronde van 32 waarin ’n veeltal doele Sondag op Grootfontein, Tsumeb en in Windhoek aangeteken is.

In een van die kragmetings waarna die meeste uitgesien is, het Black Africa en verlede seisoen se kampioen Young African in die Sam Nujoma-stadion aan al die verwagtinge voldoen.

Black Africa se jong doelwagter Virgil Namaseb, wat in die bykomende tyd vir Calvin Spiegel vervang het, het ’n strafskop van sy opponerende eweknie Mbemutjiua Mata gekeer en het daarna met sy eie poging geslaag om BA met strafskoppe (10-9) te laat deurdring.

Dit was nadat die gewone speeltyd ewe dramaties op 2-2 geëindig het.

Met twee vinnige doele ná 12 en 15 minute deur voorspeler Harold Kandaera en middelveldspeler Ikuaterua Hoveka was Young African in beheer van sake.

Black Africa het egter hergroepeer en met ’n strafskop deur die gesoute verdediger Emilio Martin ná 22 minute geantwoord. In die tweede helfte het die Leeus se soeke na ’n gelykmakende doel uiteindelik ná 59 minute ’n treffer deur die veteraan voorspeler Jerome Louis opgelewer.

Die energieke en onvoorspelbare Young African gee egter nooit moed op nie en het ook hul kwota doelkanse geskep. Die volgehoue druk het vrugte afgewerp toe Emilio Martin ná 65 minute sy tweede geel kaart gekry het en dus die veld moes verlaat.

Die span van Gobabis – met die hardwerkende Himee Hengombe, kaptein Donovan Kanjaa en Albert Mujikijera aan die spits – het aanhou probeer vir die wendoel, maar Black Africa se kaptein Dynamo Fredericks, die verdediger Gustav Pienaar asook Rudath Wendell het ook uitgeblink.

Ná die eindfluitjie was die verpligte vyf strafdoele aan elke kant almal treffers en was die valbyl op 9-9 steeds gelykop. Dit was totdat Namaseb as die held vir Black Africa na vore getree het.

Tura Magic en verlede jaar se verslane finalis Mighty Gunners se wedstryd het geen doele opgelewer nie, voordat eersgenoemde span van Windhoek die valbyl met 5-4 beklink het.

AARTSVYANDE

In die Omulunga-stadion op Grootfontein het Life Fighters en Golden Bees hul plaaslike aartsvyandskap voortgesit en ná 90 minute op 1-1 geëindig. Die goue bye van Outjo het egter daarna met strafskoppe (4-3) die knoop teen die NPL-span deurgehaak.

Golden Bees se afrigter, Hardley Ortner, het agterna gesê sy span kon al in gewone speeltyd die wedstryd gewen het.

“Ons kon ’n strafskop gekry het toe Clemens Nangombe in die strafgebied platgetrek is, maar die skeidsregter het net gesê hulle moet aanspeel. Ons wedstrydbeamptes kos spanne wedstryde wat hulle eintlik behoort te wen; dis ’n saak wat moet aandag kry.”

Dynamos het ook sy wedstryd teen Onathinge United met strafskoppe (5-4) oorleef, ná die uitslag van een-elk.

Op Tsumeb het Orlando Pirates met 3-1 verby Outjo Academy geseil. Blue Waters het gemaklik met 4-0 teen Fresh United gewen en Chiefs Santos was met dieselfde telling te sterk vir Reho Madrid. Civics het met 2-0 teen Rundu Chiefs deurgedring, terwyl Unam ’n wentelling van 7-2 teen Eastern Chiefs opgestapel het.

Die 2018 Debmarine Namibia-beker se laaste oorblywende 16 spanne is: African Stars, Blue Waters, Black Africa, Chiefs Santos, Civics, Dynamos, Eleven Arrows, Golden Bees, Khomas Nampol, Khuse FC, Once Again, Orlando Pirates, Swakopmund FC, Tura Magic, Unam, Young Chiefs.

BRAVE WARRIORS

Die wedstryd word as vriendskaplik geklassifiseer, maar die nasionale sokkerspan wat vanaand in die Sam Nujoma-stadion teen Lesotho speel, het geen planne om sy hoë standaarde te laat glip nie.

So het hulpafrigter Ronny Kanalelo gister gesê na afloop van die Brave Warriors se laaste oefensessie gisteroggend, in die opbou na die wedstryd wat om 20:00 afskop. Namibië het verskeie van sy o.20-spelers betrek om moontlik met die oog op die junior span se komende wedstryde bloot te stel.

Kaartjies beloop N$40 en is landwyd by Computicket te koop. – NFA.org.na/Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067