Tien Namibiese leerders na Duitsland
Die Vereniging van Duitse skoolverenigings in Namibië (AGDS) en Duitsland se ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, het verlede maand tien leerders van Namibiese skole gegroet wat op ‘n uitruilprogram na Duitsland vertrek het.
Die ambassade het die uitruilprojek met N$31 955 ondersteun. Dit help veral jongmense wie se ouers andersins nie in staat sou wees om die uitruilprogram te bekostig nie.
In sy toespraak by die geleentheid het Schlaga die jongmense geprys omdat hulle die geleentheid aangegryp het om na ‘n vreemde land en omgewing te gaan. Hy het die leerders aangemoedig om “hul oë en koppe oop te maak” vir wat die nuwe avontuur aan hulle bied.
Die AGDS, saam met die Vereniging vir Duitse Kulturele Betrekkinge in die Buiteland (VDA), het die 10 tot 12 weke lange verblyf van Namibiese jongmense gereël. Die tien leerders sal by Duitse gasheerfamilies tuisgaan, skole saam met Duitse leerders bywoon en sodoende die daaglikse lewe in Duitsland eerstehands leer ken. Hulle sal ook oor die Namibiese kultuur en leefstyl met hul Duitse gashere gesels.
Duitse leerders sal weer op hulle beurt in hul somervakansie tussen ses en agt weke in Namibië deurbring om die mense en die land te leer ken.
Die studente-uitruilprogram word reeds vir etlike jare deur die Duitse ambassade finansieel en logisties ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie