Tien nasies gaan bolle rol
Tien nasies gaan bolle rol

Tien nasies gaan bolle rol

Rolbal
Wallis het nege lande se rolbalspanne genooi om aan ‘n massiewe byeenkoms in Cardiff & Vale deel te neem wat hy ter voorbereiding van die 2019 Atlantiese kampioenskap aanbied.

Die lande wat sal deelneem is Amerika, Australië, Ierland, Jersey, Kanada, Maleisië, Namibië, Spanje, Suid-Afrika en die gasheerspan Wallis. Om geldelike redes is besluit dat net die nasionale mansspan Namibië sal verteenwoordig.

Die span bestaande uit Will Esterhuizen, Johan Jacobs, Steven Peake, Cabous Olivier en Schalk van Wyk het reeds Sondag na Wallis vertrek. Olivier sal in die enkelspel betrokke wees, terwyl Esterhuizen die viermanspan sal aanvoer. Jacobs sal derde speel met Peake tweede en Van Schalkwyk wat die leiding sal neem.

Die parespan sal uit Olivier en Esterhuizen bestaan, met Peake wat die driespelspan sal aanvoer waar Jacobs tweede sal rol met Van Wyk wat sal lei.

Die toetse sal vanaf komende Vrydag tot 14 Julie by Penylan, Cardiff, Penarth Windsor, Barry Athletic en die Dinas Powis-klubs aangebied word. Die spanne kry op 10 Julie ’n rusdag en sal weer die elfde inval.

Die internasionale byeenkoms is die ideale geleentheid vir Namibië om teen van die voorste lande kragte te meet en ’n nuwe speler soos Van Schalkwyk kan onvervangbare ondervinding op die topvlak opdoen.

“Vanweë die feit dat rolbal nie geld van die regering ontvang nie, kon slegs die mans die uitnodiging van Wallis aanvaar. Die Namibiese Rolbalvereniging (NRV) dra wel by waartoe hy in staat is, maar dit is nie eens genoeg om een speler se uitgawes te dek nie. Ons ganse rolbalgemeenskap wens ons verteenwoordigers al die beste en sterkte toe vir die toetsreeks en is seker hulle sal Namibië se naam hoog hou soos wat hulle altyd doen,” het die NRV geskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!