Tien sinkhuise verwoes
Tanja Bause - Tien sinkhuise het Maandag in Uisstraat in die Tutaleni- informele nedersetting in Walvisbaai afgebrand.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is niemand beseer nie. Die brand het glo as gevolg van onwettige elektriese aansluitings ontstaan.
'n Man in die Mavanze-nedersetting in die Kavango-Wesstreek het Dinsdag glo 'n huis aan die brand gesteek. Volgens die polisie is 'n voertuig, die inhoud van 'n volgepakte sjebeen, die sjebeen se stoorkamer, 'n volgepakte koskamer, asook twee slaapkamers met al die inhoud daarin verwoes.
Die eienaar van die huis is in sy kop gewond. Die verdagte is in hegtenis geneem.
By die laerskool op Dordabis is 'n 23-jarige man Dinsdag doodgeskok terwyl hy water by 'n kraan gaan haal het.
Ontblote elektriese drade is op die toneel gevind.
Op die B1-hoofroete tussen Mariental en Keetmanshoop het die bestuurder van 'n voertuig Dinsdag probeer om 'n trompop botsing te vermy. Hy het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het.
Vier Switserse burgers was insittendes, met 'n 19-jarige meisie wat haar linkerelmboog gebreek het en 'n 48-jarige vrou wat haar linkerarm gebreek het.
Die ander twee passasiers is nie beseer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie