Tien sterf op paaie
Tanja Bause - Tien mense is die afgelope naweek in motorongelukke in die land dood.
Mnre. Damian Maurico Payne (22) en Liam Ashley September (21) het Saterdag om 01:30 in ’n ongeluk gesterf waarin drie voertuie betrokke was. Die ongeluk het op Auasweg naby die Safari-hotel plaasgevind. Die twee mans was in ’n rooi bakkie en hulle asook ’n sedanvoertuig het in ’n suidelike rigting gery terwyl ’n grys bakkie in ’n noordelike rigting gery het.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Slogan Matheus, duur die polisie se ondersoek voort en kan hulle nie sê hoe die ongeluk plaasgevind het nie.
“Dit het wel onder ons aandag gekom dat die spoedmeter van die sedanvoertiug met die impak op 180 km per uur te staan gekom het,” het Matheus gesê.
Die bestuurder van die sedan het ligte beserings opgedoen. Die bestuurder van die grys bakkie en sy vroulike passasier is ook vir ligte beserings in ’n hospitaal opgeneem.
Vrydag om 20:00 het nog twee mense in ’n ongeluk gesterf toe hul sedanvoertuig 10 km buite Usakos op pad na Karibib met ’n ander sedanvoertuig in ’n kop-teen-kop-botsing betrokke was. In beide voertuie was vyf insittendes insluitende die bestuurders. Vyf van die insittendes is met ernstige beserings in die Usakos- staatshospitaal opgeneem en twee beseerdes is na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas.
Een van die oorledenes is geïdentifiseer, maar sy naasbestaandes is nog nie in kennis gestel nie, terwyl die ander oorledene nog nie geïdentifiseer is nie.
In ’n bisarre voorval is die 63-jarige mnr. Isack Gaseb Saterdag op die Broem Host-grondpad by Khorixas dood. Volgens Matheus het Gaseb en drie passasiers met sy bakkie gery toe die voertuig meganiese probleme opgedoen het. Hulle het die voertuig gestoot toe en dit het weer aan die gang gekom.
“Gaseb het uit die voertuig geklim en een van die passasiers het van die bakkie afgespring en in die voertuig geklim wat hy wou probeer steel. Gaseb het aan die deur vasgehou en probeer keer dat die 18-jarige passasier met sy voertuig wegry,” het Matheus gesê.
“Gaseb is ’n entjie meegesleur voordat hy onder die agterwiel van die bakkie beland het. Hy is op slag dood. Die passasier het sowat 14 km verder gery voordat hy die voertuig verlaat en te voet Khorixas toe wou stap. Hy is op pad in hegtenis geneem.”
Gister om 12:00 het die bestuurder van ’n polisievoertuig beheer oor die voertuig op die grondpad tussen Komsberg en Ariamsvlei verloor. Die voertuig het omgeslaan en die passasier is op slag dood. Die bestuurder is met ernstige beserings in die hospitaal op Karasburg opgeneem. Beide was polisieoffisiere.
Op die pad tussen Rehoboth en Kalkrand is die 66-jarige mnr. Mariam Nauised op slag dood nadat hy ’n bees langs die pad getref en sy voertuig omgeslaan het.
Mnr. Josef Thikundeko (56) het Saterdag om 16:30 gesterf toe hy deur ’n sedanvoertuig getref is terwyl hy langs die pad gestaan het. Volgens die polisie het die sedanvoertuig ’n ander voertuig probeer verbysteek toe hulle teen mekaar gebots het. Die bestuurder het beheer verloor en Thikundeko getref. Die ongeluk het by die Shankara-nedersetting naby Rundu gebeur.
Mnr. Ndumba Jona Sikondo (26) is Saterdag om 20:20 op slag dood toe hy die westelike verbypad wou oorsteek en deur ’n sedanvoertuig getref is. Die 64-jarige me. Rosalia Garises is Saterdag om 17:00 in Walvis Bay-straat in die Havana informele nedersetting dood toe sy deur ’n sedanvoertuig raakgery is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie