Tien sterftes, 130 nuwe gevalle
Die totale Covid-19-sterftes styg met tien tot 3 947. Twee was tuissterftes en nie een van die gevalle is ingeënt nie. Gister is 130 gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 6,8%. Die meeste gevalle was in Otjozondjupa en wel 30, gevolg deur Khomas. Die nuwe gevalle sluit 35 leerlinge, nege onderwysers, een student en vyf gesondheidswerkers in. Uit die nuwe gevalle is 26 mense ingeënt. Tans is daar 8 341 aktiewe gevalle waarvan 149 in die hospitaal is. Uit laasgenoemde is 17 ingeënt en uit die 16 gevalle in die ICU is twee gevalle ingeënt. Tot op hede het 419 385 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 357 139 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 93,4%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie