Tiener sterf ná krokodil aanval
Malawi
'n Tienerseun (17) is dood nadat 'n krokodil hom aangeval het terwyl hy by die Shirerivier in Mangochi, Malawi, gebad het.
Volgens Nyasa Times het die polisie die seun as Gift Mwandidi geïdentifiseer.
“Die oorledene het by die Kazembe-visvangdok aan die waterkant van die Shirerivier gaan bad. Terwyl hy daar was, het 'n krokodil hom aangeval en na die diep water gesleep,” sê die polisie.
Vissermanne in die gebied het kano's gebruik om die seun te probeer red.
“Die krokodil het gevlug en die bewustelose seun met verskeie ernstige beserings agtergelaat. Hy is na die Mangochi-distrikshospitaal gebring, waar hy dood verklaar is.” -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie