Tiener vas oor geskende lyk
Tiener vas oor geskende lyk

Tiener vas oor geskende lyk

'n Veertienjarige seun is gister aangekeer ná die lyk van 'n vrou buite Rehoboth ontdek is.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die tienerseun wat met die moord op 'n vrou buite Rehoboth verbind word, het Dinsdag glo twee plaashuise in die omgewing afgebrand.

Dié huise is op dieselfde plaas waar die oorledene gewoon het.

Volgens beskikbare inligting het die 14-jarige nie op dieselfde plaas gewoon nie.

Adj.komm. Eric Clay, misdaadkoördineerder van die Hardapstreek, het gistermiddag gesê die oorledene en die verdagte was nie familie nie.

Die polisie probeer nog die verband tussen die twee mense vasstel.

Volgens die polisie word die oorledene sedert Maandag vermis.

Die seun sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Rehoboth verskyn.

In dié stadium sal hy op aanklagte van moord, verkragting en brandstigting moet antwoord.

Clay het gistermiddag gesê die be­skikbare inligting was nog skraps.

'n Lid van die publiek het ná 17:00 Dinsdag 'n voet in 'n plastiek- ­inkopiesak buite Bahnhof op 'n grondpad ontdek.

Gister omstreeks 12:00 is die lyk van 'n vrou gekry naby die plek waar die voet gevind is, het hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, gesê. Die lyk het een voet gekort.

Forensiese toetse sal moet bepaal of dit wel die oorledene se voet is, sê Clay.

Die senior polisiebeampte en sy ondersoekspan was laat gister nog hard besig met die ondersoek.

Dit was toe ook nog nie bekend of die verdagte nog skoolgaan nie. Die ondersoek sal dit onthul, sê Clay.

Intussen sal dit Vrydag 'n maand wees sedert die geskende lyk van die negejarige Avihe Cheryl Ujaha in 'n rivierloop in Windhoek gevind is.

Van haar ledemate, asook haar moordenaar(s) was teen gister steeds soek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!