Tieners en die internet: Opname skok
Volgens die presidentsvrou se kantoor hou die internet verskeie gevare vir tieners in.
Elvira Hattingh - Sowat 68% van Namibiese kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 jaar het al seksuele inhoud aanlyn gesien sonder dat dit hul intensie was.
Sowat 29% is ook al aanlyn aan kinderpornografie blootgestel.
Me. Veronica Theron, senior maatskaplike werker van die kantoor van die eerste dame, het Maandag tydens 'n konferensie oor kuberveiligheid gesê 'n opname wat verlede jaar gedoen is, het skokkende ontdekkings oor Namibiese kinders en die internet opgelewer.
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het hierdie konferensie vir parlementslede aangebied.
“Sowat 31% van tieners in Namibië het al seksueel eksplisiete foto's van mense ontvang wat hulle nie ken nie, terwyl net 47% van kinders sê hulle het met hul ouers hieroor gepraat.
“Terselfdertyd het al meer jeugdiges toegang tot die internet. Slegs 7% van tieners sê hulle gebruik nie 'n selfoon of die internet nie. Afgesien van die voordele van die internet, hou dit risiko's in vir jongmense indien dit nie goed bestuur word nie,” het Theron gesê.
Volgens die opname is die gewildste aktiwiteit vir beide seuns en meisies om na flieks, video's of aanlyn televisie te kyk.
“Sowat 46% van seuns en 43% van meisies doen dit meer as een keer 'n week. Ander gewilde internetaktiwiteite sluit in skoolwerk vir meisies, terwyl tieners graag ook sosiale media gebruik en inligting oor gesondheid opsoek.”
Theron het gesê verskeie gevare skuil op die internet.
Die eerste daarvan is grooming – dit verwys na die seksuele “gereedmaak” van kinders. Volwassenes sal hulle aanlyn benader met die doel om hulle in werklikheid vir seksuele doeleindes te ontmoet.
“Sexting is die stuur van seksueel eksplisiete teks, foto's en video's via die internet.
Boonop word seksueel eksplisiete inhoud, waarby kinders onder die ouderdom van 18 betrokke is, as kinderpornografie gekategoriseer.”
Theron het verwys na 'n saak wat deur hul kantoor hanteer is, waar skoolmeisies deur middel van kinderpornografie uitgebuit is. Daar kan nie vordering met die saak gemaak word nie, omdat huidige wette in Namibië nie voorsiening daarvoor maak nie.
“Tot die wet op elektroniese transaksies en kubermisdaad nie goedgekeur is nie, kan mense wat kinderpornografie besit, verkoop of versprei nie in Namibië vervolg word nie. Die huidige wet op kinderbeskerming maak slegs voorsiening daarvoor om diegene te vervolg wat dit vervaardig,” het sy gesê. Theron het ook daarop gewys dat slagoffers deur advertensies op die internet gelok word, waar modelle byvoorbeeld gesoek word en beloftes gemaak word van onder meer oorsese werk en baie geld.
“Dit is dikwels meisies uit gebroke huise wat in dié lokval trap,” het sy gesê.
“Nog 'n gevaar vir tieners op die internet is sextortion, waartydens gedreig word om seksuele foto's of inligting bekend te maak indien die slagoffer nie sekere seksuele gunsies doen nie.
“Dit gebeur byvoorbeeld wanneer 'n voormalige kêrel sê hy sal sy meisie se naakfoto's vir die hele skool stuur as sy hom nie terugneem of seksuele gunste bied nie,” het Theron gesê.
Sy het verwys na internetplatforms soos Nam Confession, waar tieners skynbaar skokkende onthullings maak – waar of onwaar.
“Tieners maak ook sogenaamde 064- of 061-video's. Hulle sê hulle is nie verveeld nie en wag ook nie op Hollywood nie, maar maak hul eie pornografie,” het sy gesê.
Kuberboeliery is nog 'n gevaar.
“Kuberboeliery en ander soortgelyke kubermisdade het 'n verlammende emosionele en sielkundige uitwerking op die slagoffers en hul families Dit kan net deur voldoende wetgewing die hoof gebied word,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie