Tienerseun doodgeskok
'n Tienerseun is Saterdag op Usakos doodgeskok toe hy glo duiwe op 'n dak wou vang.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die lewelose liggaam van Jeffrey Katanga Gaiseb (16) omstreeks 11:00 op die dak van 'n huis in Lindequeststraat op dié dorp in die Erongostreek gevind.
"Gaiseb het aan 'n ooggetuie gesê hy gaan duiwe op 'n dak by 'n sekere Groen Huis in dié straat gaan vang. Die ooggetuie het hom glo gevolg en gesien hoe hy in 'n gat op die huis se dak klim," lui die verslag.
Volgens die getuie was daar niemand by die huis nie.
"Gaiseb het vermoedelik doodgeskok. Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig en die ondersoek duur voort," sê die polisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie