Tienertoneel: 'n Eerste vir Affies
Vanjaar het Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) vir die eerste keer ooit aan die ATKV-tienertoneelproduksie deelgeneem. Twee dramastukke is opgevoer, naamlik Bonnie en Clyde: Die Storie agter die Storie, asook Bernarda.
Om die bal aan die rol te kry is daar van 19 tot 21 Mei saam met Meraai Kruger Helm, Mcbreaton Pieters en Simonne Oosthuizen, van die Helen O'Grady Drama Academy, gaan kamp. Hulle het gehelp met die afrigting, asook met choreografie van die toneelstukke, nie net by die kamp nie, maar tot die einde van die produksie. Hulle was selfs die aand van die kompetisie daar vir ondersteuning.
Aangesien dit WAP se eerste tienertoneel was, het ons die aand van 28 Julie die twee dramastukke in die Andries du Plessis-saal opgevoer om die ywerige nuwe akteurs en aktrises voor te berei op wat om te verwag die aand van die kompetisie.
Op 28 Augustus het die produksie plaasgevind en het verskeie skole by die Nasionale Teater van Namibië bymekaargekom om deel te neem. Die aand was 'n reusesukses en WAP het 'n klomp pryse losgeslaan. Brons was tussen 65% en 75%, silwer tussen 75% en 85% en goud 85% en meer. Vir kostuums, dekor en klankbaan het WAP goud gekry, vir grimering silwer en vir beligting, ontwerp en spesiale effekte goud. Van die leerlinge het ook pryse vir hul rolvertolking ontvang. Die regisseur me. Annika Mouton en klankoperateur Spencer van den Heever het beide brons ontvang.
Elizmi Fourie, die hoofkarakter Decima in Bonnie en Clyde, sê sy het dit baie geniet en sal dit beslis weer doen, veral noudat sy weet wat om volgende jaar te verwag.
Ruda Schoeman, die hoofkarakter in Bernarda, sê: “Die ervaring was wonderlik. Ek het baie geleer en die kinders en gees van die skool beter leer ken. Ek het geleer hoe om myself te verbeter en ek sal verseker volgende jaar weer wil deelneem.”
Ruda is 'n nuwe leerling in WAP en sien hierdie geleentheid as 'n uitstekende manier om medeleerlinge te leer ken en nuwe vriendskappe te kweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie