Tienertoneel op WAP se planke

Henriette Lamprecht
Die naweek vind Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) se jaarlikse Vivatum plaas, waartydens die skool se akteurs hul slag in twee toneelstukke op die verhoog gaan wys.

Om te speel, een van die produksies, gaan oor die drang van akteurs om ‘n rol in ‘n toneelstuk los te slaan en wat hulle alles sal doen om dit reg te kry – soms subtiel, soms blatant, sê Annika van der Linde, skrywer en regisseur.

“Dis ‘n komedie oor wat agter die skerms van ‘n produksie in wording gebeur, maar ook wat agter karakters se gedrag lê,” vertel Annika.

Om te speel is ‘n produksie deur WAP se junior akteurs en is ook in samewerking met die akteurs self geskryf.

“Dis komies, dramaties en lekker!” sê Annika.

Uit een mond gaan oor ’n regstreekse speletjieprogram op TV, verduidelik die skrywer en regisseur van die stuk, Lloyd Zandberg.

Die aanbieder is ene Zel, ‘n has been wat steeds hard probeer. Op die program kry verloofde paartjies die kans om ‘n eilandwittebrood te wen indien hulle al die uitdagings en speletjies waarmee Zel vorendag kom, suksesvol voltooi. Rocco en Chéraine is die deelnemers vir die doeleindes van die stuk.

“Die uitdagings in die show bepaal hoe goed die verloofdes mekaar ken en hoe goed hulle onder druk vaar,” vertel Lloyd.

Deel van die WAP-Vivatum is ‘n markie vol mooi goed wat van 12:00 af Saterdag oop is.

Iets te ete en te drinke sal ook hier beskikbaar wees.

Die twee toneelstukke is van 18:00 af op die planke.

Toegang tot beide die markie en die toneelstukke is N$30 per persoon en kaartjies is by die deure beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!