Tiere grom weer
Sokker
Tielman van Lill
Woody Jacobs, hoofafrigter van Tigers-sokkerklub in Windhoek, sê sy span woeker om aan die einde van die Namibiese Premierliga (NPL) 2017-2018-seisoen onder die eerste vier spanne te eindig.
Tigers, wat ná 19 wedstryde met 24 ligapunte in die tiende posisie lê, kon sedert die NPL verlede jaar afgeskop het net sewe van sy wedstryde wen, het nege keer verloor en drie maal gelykop gespeel. Sy doelverskil van minus twee (21 doele vir en 23 teen) is ‘n verdere doodsteek wat Ingwe in die volgende paar maande sal moet oorkom.
Tigers is tans 17 ligapunte agter die voorloper, African Stars (44 punte).
Sake lyk ná Sondagaand se oorwinning van 2-1 teen FNB Black Africa (BA) sommer heelwat beter vir Jacobs en sy troepe.
BA is tans tweede op die ligaleer met 34 punte, terwyl Young African wat hy met 1-0 oorskadu het, met 'n welverdiende 33 vierde is. Tura Magic is met in 34 punte in die derde plek.
Dié twee oorwinnings het ses ligapunte aan Tigers besorg wat hom ná ronde 18 en 19 van die afgelope naweek vanaf die 12de posisie tot die tiende aanstu. Tigers is die verdedigende NPL-kampioen met ‘n geskiedenis van 90 jaar en Jacobs hoop dat sy span weer sy peil van vorige jare sal bereik.
“Ons gaan nie druk op onsself plaas om die onmoontlike te vermag nie. Ek gaan ook nie die spelers druk om die eerste twee spanne op die ligaleer te jaag nie. My mening is dat ‘n plek onder die voorste vier spanne meer realisties en haalbaar is,” het Jacobs verduidelik.
BA en Young African het die afgelope ruk stil-stil op Stars en Tura Magic ingehaal wat verlede week nog onderskeidelik eerste en tweede posisies gevul het. Maar Tura het nie ‘n goeie naweek agter die rug nie en kon slegs een ligapunt met ‘n gelykop stryd teen Young African (0-0) verdien en moes ‘n loesing van 2-1 deur BA afsluk om na die derde posisie af te sak.
Jacobs is van mening dat enige iets in die oorblywende 12 kragmetings moontlik is.
“Tigers sal aanhou om goeie en aanskoulike sokker vir sy ondersteuners en ander toeskouers te speel. Ek wil tevrede en gelukkige mense by die stadions sien wanneer Tigers klaar gespeel het, en dit is belangrik vir ons om kwaliteit spel op te dis en voor ‘n goeie getal sokkerliefhebbers te speel wat ons aanspoor. Terwyl klubs wat in die voortou is, aanhou om ligapunte af te staan, is dit moontlik om ‘n goeie posisie aan die einde van die 2017-2018 NPL-seisoen te bereik,” het die breier afgesluit.
NPL se huidige puntestand
African Stars 41 ligapunte, Black Africa 34 (doelverskil + 14), Tura Magic 34 (dv + 9), Young African 33, Unam 31, Mighty Gunners 27, Blue Waters 26, Eleven Arrows 24 (dv + 2), Orlando Pirates 24 (dv + 1), Tigers 24 (dv minus 2), Citizens 23, Civics 20, Life Fighters 18, Young Chiefs 17 (dv – 8), Rundu Chiefs 17 (dv – 9), Chief Santos 14.
Al die klubs het 19 wedstryde gespeel behalwe Citizens en Civics wat 18 agter die rug het. Spanne verdien drie punte met ‘n oorwinning en een met ‘n gelykopuitslag.
Debmarine-beker
Intussen is bekend gemaak dat uitdunrondes vir die 2018 Debmarine-beker vir die Khomasstreek se tweede liga op 3 en 4 Maart in die Sam Nujoma-stadion in Katutura gespeel sal word.
Die Debmarine-kampioenskap is ‘n landwye kompetisie waar al die klubs ‘n kans kry om vordering tot in die finaal te maak waar groot prysgeld op die spel is. Die eerste been, wat ronde 32 genoem word, skop op 23 Maart af en dit is vir die voorreg om in die betrokke ronde mee te ding dat tweedeligaklubs vandeesweek in die sentrale streek gaan bots.
Die 16 premierligaklubs is outomaties deel van die elite kompetisie en hoef nie aan enige kwalifiserende wedstryde deel te neem nie. Eleven Champioens het verlede jaar in die sentrale uitdunrondes teen Impala Chiefs geseëvier en sal Saterdag weer teen mekaar te staan kom.
Die spanne wat Saterdag en Sondag by die Sam Nujom-stadion in aksie sal wees is Rock Stones teen Afrika Rassap, Eleven Champions tn Impala Chiefs, Falcon tn Swallows, NUST tn Namib Eagles, Namib Colts tn Golden Rivers, City Boys tn Young Ones en Java Java tn Kingston United. - Bykomende inligting Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie