Tifoon in Filippyne saai verwoesting
Tifoon in Filippyne saai verwoesting

Tifoon in Filippyne saai verwoesting

Francoise Steynberg
Minstens ses mense get gesterf en 18 word vermis nadat tifoon Nock-ten die Filippyne oor die Kersnaweek getref het.

Die tifoon, plaaslik bekend as tifoon Nina, wat met sterk winde van tot 150 km/h en reën gepaard gegaan het, het die oostelike deel van die Filippyne op Kersdag getref.

Paaie en plase is oorstroom en skepe op die see is beskadig.

Die skip MV Starlight Atlantic het weens die storm gesink. Een bemanningslid is dood en 18 ander bemanningslede word vermis, berig die Britse dagblad The Daily Telegraph.

Kragmaste is ook beskadig wat tot wydverspreide kragonderbrekings gelei het. Talle huise is beskadig. Die infrastruktuur wat skole en hospitale insluit, het ook deurgeloop.

Voordat die tifoon die Filippyne getref het, is 429 000 mense as voorsorgmaatreël uit hul huise verwyder. Sowat 383 000 van dié groep is na ontruimingsentrums geneem.

Altesame 330 vlugte is gekanselleer. Luidens ’n berig deur CNN is meer as 11 000 passasiers daardeur gestrand gelaat.

Die tifoon het hom uitgewoed voordat dit die hoofstad Manila bereik het. Dit is intussen tot ’n tropiese storm aangepas.

Die Filippyne word jaarliks deur sowat twintig tifone getref.

In November 2013 het meer as 7 000 mense gesterf toe die supertifoon Haiyan die eilandgroep getref het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!