Tifoon kan Spele reeds vroeg ontwrig

Olimpiese Spele
Weerkundiges monitor ’n ontwikkelende tifoon wat dreig om die Olimpiese Spele in Tokio te ontwrig.
Die Amerikaanse meteoroloog Eric Holthaus het ’n radarfoto op Twitter geplaas van ’n aankomende tifoon wat na die suidooste van Tokio op pad is.
Hy waarsku gure weer kan die Japannese hoofstad reeds teen die einde van die naweek tref.
“Dit is moeilik om nou al ’n akkurate trajek te voorspel omdat die storm nog in sy beginstadium is,” sê Holthaus.
“Maar dit bied beslis ’n moontlike bedreiging.”
Japan word gereeld deur tifone getref, sommige met dodelike gevolge.
Rugby se Wêreldbekertoernooi, wat in 2019 vir die eerste keer deur Japan aangebied is, was genoop om drie wedstryde af te las nadat die tifoon Hagibis dié land met mening getref het.

FOTO
Tifoon Hagibis het tydens 2019 se Wêreldbekertoernooi groot skade in Japan aangerig. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!