Tifoon tref China en Taiwan
Tifoon tref China en Taiwan

Tifoon tref China en Taiwan

Waarskuwings oor modderstortings is aan landelike gemeenskappe in die noordweste van Taiwan uitgereik, nadat tifoon Maria die eiland Woensdag getref het. Twee mense in Taipei is beseer toe bome omgeval het. Meer as 3 000 mense in nege stede en dorpe is na veiligheid gebring. Wind van tot 191 km/uur het gelei tot die kansellasie van 138 internasionale en 170 plaaslike vlugte. Skole en fabrieke in kusdorpe is ook gesluit. Daar was ook swaar reën in China se Sichuan-provinsie, waar die gewilde toeristebestemmings soos Berg Emei en Jiuzhaigou gesluit moes word. Tifone kom algemeen voor in die gebied tussen Junie en November. Foto Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer