Tiger Brands heropen 2 fabrieke ná listeriose-krisis
Die departement van gesondheid het “strawwe beoordeling” gedoen voordat ’n sertifikaat uitgereik is wat die kouevleisfabriek veilig verklaar.
Hanlie Stadler – Tiger Brands se kouevleisfabriek in Germiston mag eindelik heropen – meer as sewe maande nadat lae vlakke van die dodelike listeria-bakterie by dié fabriek opgespoor is.
Die kosvervaardiger se Polokwane-fabriek, wat in Maart as die hoofbron van die listeriose-epidemie van laat 2017 geïdentifiseer is, bly egter steeds gesluit.
Die departement van gesondheid het “strawwe beoordeling” gedoen voordat ’n sertifikaat uitgereik is wat die Germiston Value Added Meat Products veilig verklaar. Dié fabriek verwerk vleis tot spek, salami en bevrore worsies.
Die sertifisering is deur die plaaslike munisipaliteit gedoen, maar die toetse is deur die departement van gesondheid gedoen.
Bedrywighede by die fabriek gaan na verwagting Vrydag hervat, sê Tiger Brands in ’n Sens-verklaring.
Tiger Brands se Polokwane-aanleg is op 4 Maart vanjaar deur laboratoriumtoetse uitgewys as die bron van die listeriose-epidemie wat byna 200 lewens geëis het en honderde mense siek gelaat het, van hulle met ernstige nagevolge soos verlamming.
Die krisis het die maatskappy nagenoeg R365 miljoen gekos weens die herroeping van produkte, sowel as nagenoeg R50 miljoen se inkomste per maand, oftewel R350 miljoen vir die sewe maande.
Daarby word die maatskappy deur ’n groepsgeding in die gesig gestaar wat hom nog miljoene rande kan kos.
Die krisis het die maatskappy se aandeelprys ook erg geknou.
Die Clayville-slagpale, wat die vleis vir die Germiston-fabriek verskaf het, is byna gesluit, maar kan nou weer ten volle op dreef kom. Die slagpale het die afgelope maande ’n bietjie slagwerk op kontrak vir varkboere doen.
Die Enterprise-fabriek vir geblikte vleis in Polokwane het sy werksaamhede op 12 September hervat nadat die Capricorn-munisipaliteit dit op 31 Augustus gesertifiseer het.
Die eintlike bron van die epidemie, ’n fabriek op dieselfde perseel in Polokwane, is steeds gesluit. “Strukturele opknappings” word nog hier gedoen wat na verwagting eers in November klaar sal wees, waarna die departement van gesondheid die perseel sal ondersoek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie