Tiger Brands maan oor verdienste
Tiger Brands maan oor verdienste

Tiger Brands maan oor verdienste

Francois Williams



Die gediversifiseerde voedselgroep Tiger Brands stoei nog met die nadraai van die uitbreking van listeriose.

Hy verwag sy wesensverdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde September sal tussen 25% en 30% laer wees as die R21,61 wat 'n jaar gelede aangeteken is.

Dit sluit Haco Tiger Brands in, wat in Desember 2017 verkoop is.

Die verdienste per aandeel van totale bedrywighede wat Haco insluit sal tussen R4,21 en R5,17 oftewel tussen 22% en 27% laer wees as die R19,15 wat 'n jaar gelede aangeteken is, het Tiger Brands Vrydag op die JSE se Sens-nuusdiens aangekondig.

Die verdienste per aandeel van voortgesette bedrywighede (wat Haco uitsluit) sal na verwagting tussen R3,70 en R4,62 of tussen 20% en 25% laer wees as 'n jaar gelede se R18,48.

Een van Tiger Brands se fabrieke in Polokwane waar die dodelike listeriose ontdek is, is nog gesluit, maar sy kouevleisfabriek in Germiston is in Oktober heropen.

Sy Enterprise-fabriek vir geblikte vleis in Polokwane het ook in ­September weer met produksie begin.

Tiger Brands se aandeelprys op die JSE het Vrydagoggend met 1,68% tot R275,39 gedaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer