Tigers grom vir African Stars en SA uitdagers
Sokkerliefhebbers en ondersteuners van Tigers, die 2015-16 MTC Namibiese Premierligakampioen, moet munt slaan uit die lae kaartjiepryse en gratis busvervoer vir die Dr. Hage Geingob-beker om Saterdag en Sondag die twee plaaslike spanne by die Onafhanklikheidstadion tot nuwe hoogtes te gaan aanspoor.
Absalom Iimbondi, kaptein van Tigers, versoek dié klub se ondersteuners om die naweek die stadion in Olympia tot oorlopens toe te vul om Ingwe aan te moedig wat vanjaar vir die eerste keer die voorreg het om in die aansienryke kompetisie te speel.
“Ons speel vanjaar vir die eerste keer in die toernooi en wil graag aanhou waar ons opgehou het toe ons die NPL-titel ingepalm het.
“Dit is vir ons ’n prioriteit om die beker te wen en ons is van plan om Sondag die Dr. Hage Geingob-trofee omhoog te lig. Ons president vier sy 75ste verjaarsdag en daar is geen beter manier vir Tigers om fees te vier as om dié beker vir die eerste maal in Namibië te laat staan nie,” het die kaptein vertel.
Saterdag skop die dag se verrigtinge om 12:00 af wanneer die nasionale o.17’s teen Kongo vir die tweede ronde kwalifiserende wedstryd van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se kampioenskap opdraf.
Pas ná die Baby Warriors se triomf in die Cosafa-beker in Mauritius kry hul tuisondersteuners ’n blink kans om die volgende geslag sterre te ondersteun.
Om 14:00 is dit Tigers se beurt om naels vir Stalile te wys teen African Stars wat sy terugkeer tot dié kompetisie maak.
Om 16:00 breek die oomblik van waarheid aan wanneer die sterbelaaide Mamelodi Sundowns van Pretoria, die huige Suid-Afrikaanse Premierliga-kampioen, teen Orlando Pirates van Park Town in Johannesburg te staan kom om die dag se aksie tot die uiterste te voer.
Kaptein Iimbondi is vol vertroue dat hy en sy mede-Tiere Sondag in die finaal gaan seëvier.
“Ons weet dat Stars ’n punt het om te bewys, maar ons het ’n plan van aksie en gaan hulle Saterdag met ’n slapriem vang. Om te wen, moet vir ons tweede natuur word en die tyd het aangebreek om Stars vir altyd op hul plek te sit. Ons het baie hard gewerk om as NPL-kampioene in dié toernooi te kan speel en dit behoort iets van ons klas te sê,” het Iimbondi gesê.
Die gewilde Iimbondi, wat by die MTC Premierliga-toekennings as die spelers se topspeler in die land vereer is, nooi sokkerliefhebbers om die kans aan te gryp om vier van die twee buurlande se voorste klubs in aksie te sien.
“Dink nou net dat hulle Pirates, Stars, Sundowns en Tigers op een dag saam in een stadion sien speel. Daar is heelwat nuwe spelers wat te siene sal wees en wat kan ’n mens nou meer opwindend en gedenkwaardig vra? Kom deel in die geskiedkundige oomblik en ervaar die tasbare opwinding en energie van die spanne,” het Iimbondi gesê.
Sondag se program begin weer om 12:00 met ’n sosiale kragmeting tussen Aweh Aweh en Madiba. Tweeuur is dit tyd vir die twee verloorspanne van die vorige dag om vir die derde plek uit te speel en om 18:00 speel die twee groot kanonne vir die Dr. Hage Geingob-trofee wat hopelik vir die eerste maal sedert 2014 in die hoofstad sal agterbly.
Kaartjies vir Saterdag en Sondag kos N$20 per persoon, maar mense wat eenmalig ’n kaartjie van N$30 aanskaf, sal toegang tot beide dae se fees hê. Gratis vervoer word na en van die Onafhanklikheidstadion verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie