Tik-tok maar sonder my
Iréne-Mari van der Walt - Dit is Desember en weer tyd vir die tandestokkies om hul bikini’s aan te plak sodat dit ‘n eenrigting na hul sosialemediablaaie kan maak.
Dit beteken dat daar binnekort weer “sosiale media is nie die werklikheid nie” gekerm en gekla gaan word. Ek verskil. Sosiale media is iemand se werklikheid, maar slegs die hoogtepunte wat hulle die publiek toelaat om te sien. Onthou dit.
Die groot probleem met sosiale media is nie die deel-aksie nie; dis die feit dat soveel mense alewig wil vergelyk met wat op hul skerms verskyn.
Ekself is skuldig. Op 19 voel ek angstig omdat ek nog nie ‘n romantiese vooruitsig het nie. Ek voel druk omdat ek onderaan die korporatiewe ranglys is en omring deur mense wat nie is nie. Ek voel druk om harder te werk, vinniger te produseer, mooier te lyk, ouliker te glimlag, vroliker te lag, meer te doen en meer te wees.
Ek is 19, my matrieksertifikaat het skaars gearriveer. Ek is nie veronderstel om hierdie druk te voel nie, maar een kyk na my sosiale media en ek vra myself weer af of ek ooit goed genoeg sal kan wees.
Ek het nog nooit in een van hierdie instansies my antwoord gekry nie, maar die tyd sal leer.
Al wat ek kan doen, is om die sonlig op my wange te voel bak en die voëltjies te hoor sing tot die tyd reg is vir my lewe om in plek te val.
Ek het op hoërskool in die Mascato-jeugkoor gesing en daar is onlangs ‘n reünieoptrede gehou. Ek was daar vir werk, maar ek kon die trane nie keer nie toe ek na my geliefde koorlede opgekyk het en gesien het dat hulle almal werklik oukei is.
Een sopraan het vroeër vanjaar in Duitsland in ‘n opera verskyn en die ander swot iets cool op Potchefstroom. Daar is prokureurs, mikrobioloë en natuurlik die joernalis! Alles het vir hulle uitgewerk, en dit sal vir my en vir jou ook.
Afknouery was nog altyd walglik, maar die ergste is dit dat ons dit aan onsself doen. Hou op. Haal asem. Jou angs en bekommernis is verniet! Solank jy jouself kan optel en aangaan, sal jy oorleef. Doen net elke dag jou beste, want as ons na die oomblikke omsien, sal die jare vir hulself sorg. Dankie Maria Edgeworth vir daardie wyse woorde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie