TiKA maak 'n verskil
Octavia Tsibes
Die Turkse Samewerking- en Koördineringsagentskap (TiKA) het 25 rekenaars, 'n drukker en meubels ter waarde van N$400 000 aan die Sekondêre Skool Mount-View in Windhoek geskenk.
TiKA se fokus in Namibië is onderwys. Die geskiedenis van die skenking aan die rekenaarlaboratorium het in 2016 begin toe die skoolhoof, mnr. Brian Ndabeni, TiKA genader het.
TiKA het tot dusver in vier gebiede in Namibië belê, naamlik die Erongo-, Ohangwena-, Otjozondjupa- en Hardapstreek.
Die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het gesê tegnologie is die toekoms van Namibië se onderwys en daarom moet regeringskole nou saamwerk met private maatskappye.
Ná die begrotingsbesnoeiing het die ministerie private maatskappye se hulp en ingryping meer as ooit nodig.
“Met hierdie rekenaars wil ek almal aanmoedig om innoverende denkers te word en die wêreld te verken.
“Hoewel dit deur 'n private maatskappy geskenk is bly die rekenaars staatseiendom,” het Steenkamp gesê.
Me. Deniz Cakar, die Republiek van Turkye se ambassadeur in Namibië, het leerlinge aangemoedig om hard te werk om goeie punte te kry.
“Uitdagings moet jou nie ontmoedig nie. Julle is goed toegerus, julle het onderwysers om julle te lei en julle moet van hulle gebruik maak,” het sy gesê.
Sy het verder gesê omdat die leerlinge die toekoms is, het hulle besluit om nou saam met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur te werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie